The Vorster's and family History

Your Family's Journey Through Time

Histories

» Show All     «Prev 1 2 3 4 5 6 7 ... Next»     » Slide Show

Historiese Vorsters



Historiese Vorsters

Die kleinkinders van die stamvader het eers in die distrik Stellenbosch en later te Graaf f-Reinet gewoon. Sedert die Groot Trek het verskeie families hulle ook in Natal, Transvaal en die Vrystaat gevestig. Gedurende die Bantoe oorlog en die twee Vry-heidsoorlog is melding van die naam Vorster gemaak; Rooi Barend Vorster en twee ander burgers is tydens die eerste Vryheidsoorlog gevange geneem deurdat hulle die Bantoe hoof, Maleppa, genader het om die boere te help.
Barend Jacobus Vorster, “Die Oue”", gebore te Poortjie, Colesberg distrik op 17 Nov. 1830, was kommandant van die Zoutpansberg waar hy hom bekend was as “Swart Barend”. Gedurende die eertse Vryheidsoorlog het hy groot werk verrig in optogte teen die Britse magte. Op een geleentheid het hy die Britte gewaarsku as hulle aanhou om die boere se voorraad van die plase af te neem sou die burgers optree om die “onnodige stappe” stop te sit. Hy is op sy plaas to Kalkbank in die Pietersburg distrik op 17 April 1898 oorlede.
In die tweede Vryheidsoorlog is die Boere ambulans amptenaar A.W. J.Vorster (cldle5f2gl3) gevangene geneem en het later 'n be-edigde verklaring gemaak waarin verwys word na die Britse mis-handeling van Rooi Kruis personeel.
Die Volksraadslid van Pietersburg,Barend Jacobus Vorster, “Die Jonge” het as Genl.Van Rensburg se adviseur gedien tydens die beplande aanval op die Bantoehoof, Tuli, tydens die eerste paar maande van die oorlog. Hy is op 26 Mei 1858 op sy ouers se plaas te Kalkbank gebore en is te Potgietersrus op 17 April 1933 oorlede.
Met Kmdt.-Genl.Piet Joubert se onttrekking uit die oorlog om mediese behandeling op Volksrust te verkry, het hy ‘n kommisie bestaande uit B.Vorster en twee ander krygsmanne na Natal gestuur om die offisiere aldaar van goeie raad to voorsien. Die kommisie het die burgers te Colenso aangemoedig en opgebeur.
Kmd. Barend Vorster (1857-1932),’n boere-pionier en grootwild-jagter was ook van Noord Transvaal.Hy was ‘n vooraanstaande figuur in die distrik Zoutpansberg en was aan die Bantoes bekend as “Mocomtadie” (Onverskrokke).Hy was van plan om ‘n Boeretrek na die destydse Rhodesië te neem in 1892. Cecil John Rhodes het hom aangemoedig omdat hy gretig was om nedersetters na die gebied toe te lok,maar die Transvaalse regering kon nie bekostig om burgers te verloor nie en het hulle toestemming geweier.Vorster moes die trek toe aflas. Barend Vorster het beroemdheid verwerf in onderhandelings met die geheime koningin Modjaje en het ook 'n veldtog teen Mogato geloots. Sy leierskap tydens die tweede Vryheidsoorlog in Noord Transvaal het hom beroemdheid onder die Britte besorg.
acheter cialis en ligne
Louis Petrus Vorster (cldl5e4g2) geb.24 Julie 1862 to Middelbury K.P. was predikant in die N.G.Kerk.Oorlede 9 Sept.1934.
W.H.Vorster van Louis Trichardt was jare lank Provinsiale Raads-lid van Zoutpansberg. In 1929 is hy as Volksraadslid verkies as NP kandidaat, rnaar het in die 1933 by die verkiesing uitgeval toe hy as onafhanklike kandidaat hom verkiesbaar gestel het.
Balthazar Johannes Vorster die Eerste Minister van S.A. is in 1953 verkies as Volksraadslid en in in 1956 bevorder tot junior kabinetsmininter. In 1961 word hy minister van Justisie. In 1966 Eerste Minister en op 10 Oktober 1978 word hy ingehuldig as staatspresident.
Bekende en interessante Vorster gebeure

Kommandant Jan Vorster, alias Jan Pieter Retief, Kaapse Rebel. Die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereeniging, Military History Journal, vol 7 no 4. deur Dr P.W. Vorster, DVD
Na die be-eindiging van die Tweede Anglo-Boereoorlog op 31 Mei 1902 kon die Transvaalse en Vrystaatse burgers na hul woonplekke terugkeer. Die krygsgevangenes in oorsese kampe is so spoedig moontlik gerepatrieer. Met die Kaapse rebelle wat hul goed en bloed vir die twee Boererepublieke opgeoffer het, was dit egter nie die geval nie. Nadat hulle die wapen neergelˆ het, is hulle vir hoogverraad aangekla. Die wat die amp van veldkornet of vrederegter in die Kaapse goewerment beklee het of die rang van kommandant in die rebelle- of Boeremagte gehad het, is swaar gevonnis (meestal gevan- genisstraf). Die ander is wel op aanklag van hoogverraad skuldig bevind, dog het slegs hul stemreg vir vyf jaar verloor en is vrygelaat. Die rebelle wat voor vredesluiting gevonnis is, moes hulle straf uitdien. Baie van die rebelle wat in die buiteland was - veral die wat offisiersrange beklee het - was huiwerig om terug te keer uit vrees dat hulle op hoogverraad tereg moes staan. Die van bulle wat selfs na 'n jaar of langer na vredesluiting teruggekom het, is steeds aangekla.
Die na-oorlogse ontberinge van die Kaaplandse rebelle het dus veel langer as die van hul republikeinse strydgenote geduur. Hoewel daar al heelwat aandag aan die deelname van die Kaapse kolonianers aan die Tweede Anglo-Boereoorlog geskenk is(1), is daar sover bekend nog min studies oor die lotgevalle van individuele rebelle gedoen. In hierdie artikel word die oorlogswedervaringe van een van die Noordkaaplandse rebelle, naamlik kommandant Jan Vorster van die distrik Hay, aangebied.
Casper Jan Hendrik (Jan), die oudste kind van Tjaart Johannes Vorster (1826-1896) en Lasya Wilhelmina Vorster (1830-1898), is op 25 Mei 1846 op die plaas Rietvlei in die distrik Middelburg (K.P.) gebore. Hy tree op 18 Julie 1864 in die huwelik met Magdalena Petronella Vorster (1848-l879) en hertrou op 30 Augustus 1880 met Heiletjie Maria Sophia Venter, gebore Vorster, weduwee van J A Venter. In 1892 verhuis Jan Vorster en sy gesin van Middelburg na Griekwaland-Wes waar hy hom op die plaas Waterstroomvlei tussen Postmasburg en Griekwastad (distrik Hay - tans distrik Postmasburg) vestig.(2)
Rebellekommandant van die distrik Hay Na die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 het die gewapende magte van die Republiek Oranje-Vrystaat die Noordoos-Kaapkolonie en Griekwaland-Wes binnegeval. President M T Steyn het op advies van regter J B M Hertzog 'n proklamasie uitgevaardig waarvolgens die gebiede slegs beset en onder Vrystaatse beheer geplaas is. Dit het dus nie anneksasie heteken nie. Die betrokke Vrystaatse offisiere het egter die besetting wel as anneksasie beskou en daarvolgens opgetree.(4) Die goewerneur van die Kaapkolonie, sir Alfred Milner, het die republieke dan ook onverwyld van anneksasie van dele van die Kaapkolonie beskuldig.(5)
Vroeg in November 1899 het regter Hertzog en kommandant J Jordaan Griekwaland-Wes binnegeval en op 11 November die dorpie Barkly-Wes onder Vrystaatse militˆre beheer geplaas. Binne 'n week is die Vrystaatse vlag deur Jordaan ook op Campbell, Griekwastad en Postmasburg gehys.(6) Met die aankoms van die Vrystaters op 17 November op Griekwastad is hulle deur 'n aantal boere van die distrik Hay verwelkom. Laasgenoemde het hulle van meet af aan as Vrystaatse burgers beskou en die wapen teen die Britse magte opgeneem. Op 'n vergadering wat die boere van die distrik die aand gehou het, is offisiere vir die verskillende veldkornetswyke van die distrik gekies en hulle sou voortaan ook die krygsraad van die rebelle uitmaak. Jan Vorster is as veldkornet vir wyk 4 (Blinkklip) verkies.(7) Teen Januarie 1900 het hy reeds die rang van kommandant beklee en rebelle sover as Olifantshoek in Brits-betsjoeanaland gewerf.(8) Net soos die ander rebelle-offisiere het hy ook die burgers in sy wyk in die naam van die 'goewerment van die Oranje Vrystaat' opgekommandeer om by die rebellemagte aan te sluit of om aan hulle lewensmiddele te lewer.
Fabersput en Wes-Transvaal Onder oopperbevel van generaal P J de Villiers was Jan Vorster een van die aanvoerders van die Griekwaland-Wes rebelle wat op 30 Mei 1900 'n Britse mag onder sir Charles Warren op die plaas Fabersput naby Campbell aangeval het. Die rebelle het egter die geveg verloor en verdere weerstand het verbrokkel. Die meeste van hulle het dan ook gedurende Junie 1900 hulle wapens neergelˆ en oorgegee. Sowat vyftig - onder andere Jan Vorster - het egter besluit om die stryd voort te sit en is saam met generaal De Villiers na Wes-Transvaal om by generaal J H de la Rey aan te sluit.(9) Naby Wolmaransstad het Jan Vorster egter van generaal De Villiers afskeid geneem(10) en hom as Transvaalse burger by die Potchefstroomse kommando van generaal P J Liebenberg gevoeg.
Jan Vorster het waarskynlik reeds met generaal Liebenberg kennis gemaak toe laasgenoemde die eerste paar maande van 1900 in die Noord-Kaap opgetree het om die Britse magte te verdryf en om rebelle te werf. Met behulp van die rebelle van die distrik Hay het hy dan ook op 15 Februarie 1900 Prieska beset.(11) Op 30 Maart 1900 was generaal Liebenberg die voorsitter van 'n krygsraadsvergadering van die rebelle van die distrik Hay op Griekwastad.(12) As kommandant was Jan Vorster lid van die krygsraad.
In April 1900 het generaal De La Rey vir Liebenberg teruggeroep met die opdrag om die spoor- en telegraafverbindinge tussen Krugersdorp en Klerksdorp te ontwrig. Verder moes sy kommando die Britse troepe in die gebied so lastig val dat daar nie 'n sterk mag Noord van die Vaalrivier kon saamtrek om die deurtog van generaal C R de Wet uit die Vrystaat na Wes-Transvaal te verhoed nie.(13) Gedurende Junie tot Augustus het Liebenberg soveel welslae in die Potchefstroomgebied behaal dat die Britse opperbevel lord Methuen beveel het om dadelik van Rustenburg na Potcbefstroom op te ruk om die strategies belangrike spoorlyn tussen Krugersdorp en Klerksdorp te beveilig.(14) Methuen het op 29 Julie op Potchefstroom aangekom. Amery beskryf Methuen se tog tussen Bankstasie en Potchefstroom as 'a running fight with Boers watching the railway and road from the hills near Welverdiend'.(15) Methuen kon egter nie daarin slaag om verdere aanslae van Liebenberg op die betrokke spoorlyn te voorkom nie. Ook kon die sterk Britse magte Noord van die Vaalrivier nie verhoed dat generaal De Wet op 6 Augustus die Vaalrivier by Schoemansdrif oorsteek en die Wes-Transvaal binneval nie.(16)
Gevangeneming en verbanning na Ceylon 1900-1902 Dit was waarskynlik tydens een van die daaglikse skermutselinge tussen Liebenberg se patrollies en die Britse troepe dat Jan Vorster op Sondag, 5 Augustus 1900, by Potchefstroom (dit kon in die dorp of distrik gewees het, gevang is. Hy het sy naam as Jan Pieter Retief, woonagtig te Johannesburg, opgegee.(17) Hy is as Transvaalse burger saam met ander krygsgevangenes na die militˆre kamp by Groenpunt gestuur. Vandaar is hy as Jan Pieter Retief (nommer 11388) saam met 13 Boer-offisiere en 247 burgers op 3 September 1900 met die skip City of Vienna na Ceylon vervoer waar hulle op 25 September aangekom het.(18) Vanaf die Colombohawe is hulle na die groot krygsgevangekamp Diyatalawa geneem waar hy hut 51 tot in Julie 1902 bewoon het.
Gedurende die bykans twee jaar in ballingskap het by verskillende briewe aan familielede in Suid-Afrika geskryf. Sommige van die briewe het behoue gebly en word tans in die Oorlogsmuseum in Bloemfontein bewaar. Al die briewe het hy as J P Retief onderteken en hoewel al die korrespondensie van krygsgevangenes streng gesensor is, het die Britse owerheid nooit sy ware identiteit vasgestel nie - daarvoor was hy te uitgeslape! Die meeste briewe het by aan sy 'neef' B J Vorster van die plaas Waterstroomvlei gerig. Hierdie 'neef' is egter niemand anders as sy eie seun nie! Een van sy briewe (17 April 1902) skryf hy aan mevrou H Vorster en spreek haar aan as 'waarde en geliefde tanta' terwyl sy in werklikbeid sy eggenote is. In sy briewe maak hy soms melding van sy terugkeer na die Transvaal. In sy laaste brief (24 Julie 1902) vra hy vir mejuffrou H van der Walt van Wildfontein of sy vrou nog in die Transvaal op Vlei is. Hier sinspeel hy natuurlik op sy plaas Waterstroomvlei in Griekwaland-Wes. In al sy briewe spreek hy sy vurige verlange na en diepe bekommernis oor sy vrou en kinders uit. Daarin getuig hy ook van sy onwrikbare geloof en vertroue in sy hemelse Vader. Hy praat ook sy naasbestaandes moed in en troos hulle met Bybeltekste.
Verblyf in Nederland Na die vredesluiting op 31 Mei 1902 het Jan Vorster besef dat hy nie saam met die ander krygsgevangenes dadelik na Suid-Afrika kon terugkeer nie. Sy ware identiteit sou dan bekend word en hy sou as kommandant van die rebelle van die distrik Hay vir hoogverraad aangekla word. Dat sy vrese nie ongegrond was nie blyk uit die feit dat 41 van die Ceylon-krygsgevangenes by hulle aankoms in Suid-Afrika as Kaapse rebelle verhoor en gestraf is.(19)
Op 24 Julie 1900 skryf by vanaf die Ragama-kamp, naby Colombo, aan mejuffrou H van der Walt van Wildfontein dat hy van die 'outoriteite' toestemming ontvang het om die volgende week met die skip Selaka na Holland te vertrek, waar hy hom by vriende in Amsterdam sou aansluit. Hy sou na dieselfde plek as waar 'Hendrik' hom bevind, gaan.
Mejuffrou H van der Walt, vir wie by as 'tante' aanspreek, is die dogter (Hester) van sy suster Lavina (1856-1939) wat met Johannes Hendrik Stephanus (Hendrik) van der Walt (1853-1903) van die plaas Wildfontein, distrik Middelburg (K.P.) getroud is. Die 'Hendrik' in sy brief is dus sy swaer wat reeds in 1900 as Kaapse rebel na Holland uitgewyk het.
Dit kan dus aanvaar word dat by in oorlegpleging met Hendrik van der Walt besluit het om eers na Holland te gaan om te sien hoe die Kaapse regering na die oorlog teenoor die rebelle in die buiteland sou optree. Van der Walt het waarskynlik ook re‰lings getref dat Jan Vorster se oortog van Ceylon na Holland betaal word. Ook meld hy in sy brief dat hy die enigste Afrikaner tussen die Hollanders sou wees en dat die reis sowat vyftig dae sou duur.
'n Maand na die Vrede van Vereeniging is die krygsgevangenes in Ceylon in kennis gestel dat die wat op eie koste kon gaan dadelik na Suid-Afrika kon terugkeer. Die ander moes wag totdat die nodige vervoerre‰lings vir hulle getref is. Vir vrylating moes hulle almal 'n verklaring van trou aan die Britse kroon onderteken. Ses-en-sewentig Hollanders (meestal van die Ragama-kamp) wat aan Boerekant geveg het, is deur bemiddeling van die Nederlandse Konsul in Ceylon na Holland gerepatrieer. Jan Vorster was deel van bierdie groep wat op 28 Julie 1902 met die Selaka vanaf Colombo vertrek het. By Padang is hulle na 'n ander Hollandse skip oorgeplaas wat deur die Suez-kanaal direk na Amsterdam gevaar(20) en omstreeks die einde van September daar aangekom het. Op 'n poskaart van 17 Oktober 1902 aan sy dogter gee Jan Vorster sy adres as die van mejuffrou Anna Mooij, Ter-flaarstraat 15, Amsterdam aan. Volgens 'n poskaart van 3 November 1902 aan hom gerig, was hy toe 'n inwoner van die 'Afrikaner Tehuis' in Overtoom, Amsterdam,
Nederlanders wat die Boere in Suid-Afrika goedgesind was, het in 1900 'n 'Christelijk Nationaal Boeren-Comit‚' gestig om hulp aan die Kaaplandse rebelle wat na Holland uitgewyk het, te verleen. Hierdie Boerekomitee het in Augustus 1900 'n groot herehuis by Nieuwe Herengracht 143, die eiendom van die Gereformeerde Kerk Amsterdam, tot die beskikking van die uitgewekenes gestel en ook finansi‰le bystand verleen. Hierdie buis is die 'Afrikaans Tehuis' genoem. Daar was by geleentheid sowat sestig Afrikaners in die tehuis. In Mei 1902 het die diakonie van die Gereformeerde Kerk Amsterdam die tehuis vir ander doeleindes benodig en die sowat twintig inwoners wat toe nog oor was, is na 'n tweede Afrikaanse tehuis aan die Overtoom (nommer 191) oorgeplaas. Na die vredesluiting het die meeste Kaaplanders na Suid-Afrika teruggekeer sodat daar aan die einde van November nog net vier in die tehuis oorgebly het. Dit is trouens aan die begin van Desember gesluit.(21)
Amnestie Tydens die vredesonderhandelinge in Mei 1902 het die Boereafgevaardigdes 'n sterk pleidooi vir amnestie aan die Kaapse en Natalse rebelle gelewer. Die Kaapse regering het die onderneming gegee om onder sekere voorwaardes am die versoek van die Boereleiers te voldoen.(22) Kort na vredesluiting het die Kaapse goewerneur in 'n proklamasie wat hy op 11 Junie 1902 uitgevaardig het die amnestievoorwaardes uiteengesit. Die rebelle wat 'n amp van vrederegter of veldkomet in die Kupse goewerment beklee het of die rang van kommandant in die rebelle- of burgermagte gehad het, sou egter van die amnestievoordele uitgesluit wees. Hulle sou egter deur 'n gewone siviele hof verhoor word. Die vonnisoplegging sou aan die diskressie van die bof oorgelaat word behalwe dat die doodstraf nie opgelˆ sou mag word nie. In die proklamasie word voorts gemeld dat die jurisdiksie van die spesiale (militˆre) howe, ingestel ingevolge die 'Indemnity and Special Tribunals Act, 1900' op 12 April 1901 verstryk het. Rebelle wat na di‚ datum, maar voor 10 Julie 1902, gevange geneem is of oorgegee het, sou deur die gewone (siviele) howe verhoor word. Alle Britse onderdane wat nie voor of op 10 Julie 1902 hulle wapens neergelˆ het nie, sou die amnestievoordele verbeur.(23) Strydig met die versekering wat in die proklamasie gegee is en selfs na die opheffing van die krygswet in September 1902 het die spesiale howe steeds voortgegaan om re- belle te verhoor en te vonnis. So het die spesiale hof in Oktober 1902 in Kimberley swaar strawwe aan 'n aantal Griekwaland-Wes-rebelle opgelˆ.(24) Berigte oor hierdie verhoor moes vir Jan Vorster so afgeskrik het dat hy bevrees was om na Suid-Afrika terug te keer. Hierdie spesiale howe het egter teen die einde van 1902 opgehou funksioneer.
Joseph Chamberlain, koloniale sekretaris van die Britse regering, het hom tydens sy besoek aan Suid-Afrika in 1902-1903 besonder beywer om versoening tussen Boer en Brit te bevonder. Hy het in Februarie 1903 in Kaapstad samesprekings met Jan Hofmeyr, leier van die Afrikanerbond, gevoer om Hofmeyr se samewerking vir sy konsiliasiebeleid te verkry. In ruil hiervoor het Hofmeyr die vrylating van die Kaapse rebelle (die sogenaamde politieke gevangenes) as voorwaarde gestel. Chamberlain was so gretig dat sy versoeningsbeleid moes slaag dat hy op die vooraand van sy vertrek op 23 Februarie 1903 belowe het om Hofmeyr se versoek te steun.(25) Chamberlain het ongetwyfeld tydens sy onderhandelinge met Hofmeyr ook die aangeleentheid met die Kaapse goewerneur en regering bespreek. Kort na sy vertrek na Engeland het sir Pieter Faure, koloniale sekretaris, by die prokureur-generaal laat vasstel aan welke politieke gevangenes daar genade kon verleen word met die oog op die versagting van hul vonnisse.(26) Na Chamberlain se terugkoms in Engeland skryf hy op 26 Maart 1903 aan Hofmeyr: 'You have already seen that amnesty to which you have attached so much importance has been conceded.(27) Die 380 rebelle in die Tokai-gevangenis is inderdaad op 21 Maart 1903 vrygelaat.(28)
Hoewel hierdie amnestieverlening nie ipso facto op die Kaapse rebelle wat toe nog in die buiteland verkeer het van toepassing was nie, het dit tog aan hulle die vrymoedigheid gegee om huis toe te kom. Die versoeningsbeleid van Chamberlain het ongetwyfeld baie daartoe bygedra dat die houding en optrede van die Kaapse owerheid teenoor die rebelle in die buiteland mettertyd matiger geword het. In Januarie 1905 is die versekering aan di‚ rebelle gegee dat hulle nie meer vervolg sou word nie. Hulle moes net skriftelik erken dat hulle hoogverraad gepleeg het en sou dan slegs vir vyfjaar ontkieser word.(29)
Terugkoms Op 15 Julie 1903 het Jan Vorster en twee ander Kaaplanders, Mattheus J du Plessis van Cradock en Mechiel Jacobus Pretorius van Middelburg, in Kaapstad aangekom. Hulle het hulle die volgende dag aan die resident-magistraat oorgegee. Jan Vorster het in sy verklaring gemeld dat hy op 4 Desember 1899 by die Vrystaatse magte aangesluit het, op 28 Julie 1902 na Europa vertrek het en op 15 Julie 1903 teruggekom het. Die landdros het bom op borgtog van 250 pond sterling vrygelaat op voorwaarde dat hy bom na sy tuiskoms by die resident-magistraat op Griekwastad moes aanmeld om verhoor te word. Hy het op 3 Augustus in die hof op Griekwastad ver skyn. Verskillende persone wat destyds saam met hom gerebelleer het, het getuig dat hy vanaf November 1899 tot Junie 1900 as veldkornet aan die rebellie deelgeneem het en dat hy gedurende die tyd nie enige oorlogmisdaad gepleeg het nie.(30) Die hof het hom ongetwyfeld aan hoogverraad skuldig bevind maar dit is nie bekend wat sy vonnis was nie. Moontlik het die hof in aanmerking geneem dat hy byna twee jaar lank in gevangenisskap in Ceylon deurgebring en daarna vir bykans 'n jaar in Holland vertoef het. Hy was dus altesaam drie jaar van sy plaas en huisgesin afwesig. Net soos in die geval van ander rebelle is sy stemreg hom waarskynlik ook vir vyf jaar ontneem. Deur wetgewing het al die Kaapse rebelle egter hul stemreg in 1906 teruggekry.
Besluit Kommandant Jan Vorster was al taamlik bejaard (53 jaar) toe hy in November 1899 uit meegevoel met die twee Boere-republieke se stryd teen Groot-Brittanje aanvoerder van die distrik Hay se rebelle geword het. Hy het beslis baie opgeoffer vir die saak waarvoor hy die wapen opgeneem het. Die twee jaar in ballingskap in Ceylon was op sy leeftyd vir bom waarskynlik 'n swaar beproewing wat ho‰ eise aan sy geloofs- en Godsvertroue gestel het. In feitlik elke brief uit die Diyatalawakamp maak hy melding van sy intense verlange na sy land en familie en kla dat hy so min van sy geliefdes hoor - iets wat hom diep bekommer het. Ook op stoflike gebied is by swaar deur die oorlog getref. Geen wonder nie dat hy die res van sy lewe stil en rustig op sy plaas Waterstroomvlei deurgebring het en nie meer aktief aan die politiek deelgeneem het nie. Hy is op 1 Februarie 1925 in die ouderdom van 78 jaar en 9 maande na 'n veelbewo‰ lewe oorlede en op sy plaas begrawe.
Die Kaapse kolonialers wat hulle aan die kant van die twee Boere-republieke geskaar het en groot ontberinge deurgemaak het, is vandag haas 'n vergete geslag. Min van hulle kleinkinders leef nog. Behalwe 'n paar klein aandenkings wat die rebelle uit die gevangeniskampe met hulle saamgebring het, is die herinneringe aan hulle oorlogswedervaringe vinnig besig om in die vergetelheid te verdwyn. Dit is dus te betreur dat daar nie meer van die rebelle se lotgevalle opgeteken is nie want daarsonder word die rykgeskakeerde vaderlandse geskiedenis beslis verarm.
Voetnote
1. Kyk onder meer C J S Strydom, Kaapland en die Tweede Vryheidsoorlog Kaapstad, 1943; C D Naude, Die smaad van die Kaaplandse Afrikaner, in J H Breytenbach (red.), Gedenkalbum van die Tweede Vryheidsoorlog (Kaapstad, 1949), pp. 471-585; J H Snyman, Die Afrikaner in Kaapland 1899-1902, Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse geskiedenis 42(2), 1979; P H R Snyman, Postmasburg en die Tweede Vryheidsoorlog, Krygshistoriese Tydskrif 6(6), Des. 1985. 2. P W Vorster, Geslagregisters van lidmate van die Gereformeerde Kerk van Postmasburg 1883-1899 (ongepubliseerde manuskrip, Pretoria, 1982), p.74 (Afskrif in die RGN-biblioteek, Pretoria). 3. Goevernements Courant van den Oranjevrijstaat, 20.10.1899 (Proklamasie 544 van 14.10.1899); CM van den Heever, Generaal J B M Hertzog (Johannesburg, 1943), p.87. 4. J H Snyman, op. cit., p.67 5. C Headlam (red), The Milner papers II: South Africa 1899-1905 (Londen, 1933), pp.92-93. 6. L S Amery (red.), The Times history of the war in South Africa 1899-1902, II (Londen, 1902), p.297; Van Den Heever, op. cit., p.87; P H R Snyman op. cit., p.204. 7. Kaapse Argiefbewaarplek, Kaapstad (KAB), AG3407: Voorlopige ondersoek, Kroon teen P J Snyman op aanklag van hoogverraad, Verklaring van J J Broekhuizen, 15.9.1900. 8. P H R Snyman, Olifantshoek - oase van die Langberg (Pretoria, 1986), p.24 9. Amery (red.), The Times history ... IV(Londen, 1906), pp.232-235. 10. KAB, 1/GSD 1/27 High Treason (remitted) Hay: Records of Proceedings in Criminal Cases, 1903 Jan.- 1903 May. Getuienis van Jacob du Preez, 3.8.1903. 11. Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek III (Kaapstad, 1977) pp.536-537; P H S van Zyl, Die helde-album van ons vryheidsstryd (Johannesburg, 1944), p.163. 12. KAB, AG3407: Verklaring van J J Broekhuizen, 15.9.1900. 13. Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek III, pp.536-537. 14. Amery (red.), The Times history ... IV, pp.256-257. 15. Thid., p.422. 16. Thid., p.432. 17. Transvaalse Argiefbewaarplek, Pretoria (TAB), SO/POW 77: List of Transvaal prisoners of war and prisoners of war at Ceylon. 18. TAB, SO/POW 79: Alphabetical roll of the prisoners of war in Ceylon between Aug. 8, 1900-Nov. 30, 1901. 19. R L Brohier, Boer prisoners of war in Ceylon 1900-1902 (Afskrif van TAB-manuskrip in Biblioteek van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing), p.43. 20. Ibid., pp.3842. 21. R C de Jong, het Afrikaans Tehuis in Amsterdam 1900-1902, Zuid-Afrika 58 (11/12) Nov/Des 1981, pp.170-171. 22. J.D. Kestell en D E van Velden, The peace negotiations between Boer and Briton in South Africa (Londen, 1912), pp.136-137; Van den Heever, op. cit., p.187. 23. Cape of Good Hope Gazette, 1 Julie 1902. (Proklamasie 100 van 11 Junie 1902). 24. Cape of Good Hope, List of persons found guilty of high treason, Kimberley, October1902 (Kaapstad, 1902); TAB, A32 1, J B M Hertzog-versameling. 25. J. Amery, The life of Joseph Chamberlain IV; 1901-1903 (Londen, 1951), pp.377-378. 26. KAB, AG2060 nr. 288A, High treason prisoners at Tokai. 27. J. Amery, op. cit., p.379; J H Holmeyr en F W Reitz, The life of Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan) (Kaapstad, 1913, p.587. 28. Hofmeyr en Reitz, op. cit., p.585; De Zuid-Afrikaan verenigd met Ons Land 24.3.1903; KAB, TOK 1/2, 23.3.1903. 29. South African News, 13.1.1905 (berig: 'Cape Rebels'). 30. KAB, 1/GSD 1/27: Record of proceedings. Added by e-mail editor: Ek het die uitstekende artikel oor Kommandant Jan Vorster op die Internet gelees en onthou dat ek fotos van hom en sy vrou Lasya Wilhelmina gesien het. Indien u sou belangstel, dit is beskikbaar by: http://general.rau.ac.za/chemistry/vorster/fotos.htm With thanks to Roelf Vorster: 2000/05/15.
Die kleinkinders van die stamvader het eers in die distrik Stellenbosch en later te Graaff-Reinet gewoon. Sedert die Groot Trek het verskeie families hulle ook in Natal, Transvaal en die Vrystaat gevestig. Gedurende die Bantoe oorlog en die tweede Vry-heidsoorlog is melding van die naam Vorster gemaak; Rooi Barend Vorster en twee ander burgers is tydens die eerste Vryheidsoorlog gevange geneem deurdat hulle die Bantoe hoof, Maleppa, genader het om die boere te help.
Barend Jacobus Vorster, "Die Oue"", gebore te Poortjie, Colesberg distrik op 17 Nov. 1830, was kommandant van die Zoutpansberg waar hy hom bekend was as "Swart Barend". Gedurende die eertse Vryheidsoorlog het hy groot werk verrig in optogte teen die Britse magte. Op een geleentheid het hy die Britte gewaarsku as hulle aanhou om die boere se voorraad van die plase af te neem sou die burgers optree om die "onnodige stappe" stop te sit. Hy is op sy plaas to Kalkbank in die Pietersburg distrik op 17 April 1898 oorlede.
In die tweede Vryheidsoorlog is die Boere ambulans amptenaar A.W. J.Vorster (cldle5f2gl3) gevangene geneem en het later 'n be-edigde verklaring gemaak waarin verwys word na die Britse mis-handeling van Rooi Kruis personeel.
Die Volksraadslid van Pietersburg,Barend Jacobus Vorster, "Die Jonge" het as Genl.Van Rensburg se adviseur gedien tydens die beplande aanval op die Bantoehoof, Tuli, tydens die eerste paar maando van die oorlog. Hy is op 26 Mei 1858 op sy ouers se plaas te Kalkbank gebore en is te Potgietersrus op 17 April 1933 oorlede.
Met Kmdt.-Genl.Piet Joubert se onttrekking uit die oorlog om mediese behandeling op Volksrust te verkry, het hy ‘n kommisie bestaande uit B.Vorster en twee ander krygsmanne na Natal gestuur om die offisiere aldaar van goeie raad to voorsien.Die kommisie het die burgers te Colenso aangemoedig en opgebeur.
Kmd. Barend Vorster (1857-1932),’n boere-pionier en grootwild-jagter was ook van Noord Transvaal. Hy was ‘n vooraanstaande figuur in die distrik Zoutpansberg en was aan die Bantoes bekend as "Mocomtadie" (Onverskrokke). Hy was van plan om ‘n Boeretrek na die destydse Rhodesië te neem in 1892. Cecil John Rhodes het hom aangemoedig omdat hy gretig was om nedersetters na die gebied toe te lok,maar die Transvaalse regering kon nie bekostig om burgers te verloor nie en het hulle toestemming geweier.Vorster moes die trek toe aflas. Barend Vorster het beroemdheid verwerf in onderhandelings met die geheime koningin Modjaje en het ook 'n veldtog teen Mogato geloots. Sy leierskap tydens die tweede Vryheidsoorlog in Noord Transvaal het hom beroemdheid onder die Britte besorg.
Louis Petrus Vorster (cldl5e4g2) geb.24 Julie 1862 to Middelbury K.P. was predikant in die N.G. Kerk. Oorlede 9 Sept.1934.
W.H.Vorster van Louis Trichardt was jare lank Provinsiale Raads-lid van Zoutpansberg. In 1929 is hy as Volksraadslid verkies as NP kandidaat, rnaar het in die 1933 by die verkiesing uitgeval toe hy as onafhanklike kandidaat hom verkiesbaar gestel het.
Balthazar Johannes Vorster die Eerste Minister van S.A. is in 1953 verkies as Volksraadslid en in in 1956 bevorder tot junior kabinetsmininter. In 1961 word hy minister van Justisie. In 1966 Eerste Minister en op 10 Oktober 1978 word hy ingehuldig as staatspresident.
Boeke:
Title: Through the eyes of a historian: Willem Vorster on historical interpretation. Abstract: The historical interpretation of the New Testament is an important theme in Willem Vorster's publications. In an attempt to argue that due to his embeddedness in the theoretical slipstream of New Criticism and its successors in reader-response criticism. Vorster never really grasped the full implications of either the historical distance of the New Testament documents or the construing of those texts in their pastness, at least three aspects are treated in this study: (1) what Vorster thinks historical interpretation of the New Testament is about; (2) which theoretical approach shapes his viewpoints; and (3) which theoretical approach shapes his viewpoints; and (3) what some of the shortcomings of such a definition of historical interpretation are.

Title:Form and redaction criticism within the framework of gospel research: Willem Vorster's contribution. Abstract: Vorster's views on form and redaction criticism should be gleaned mainly from his comments within the context of his extensive gospel research. His insistence on methodological soberness is his most abiding bequest to biblical research. At the same time this led him to evaluate these methods in terms of an either-or scheme: either the diachronic or the synchronic approach; either evolution or creativity, etcetera. Vorster consistently chose for the latter against the former. It is argued that it would be more correct to think in complementary terms and to use different approaches to enrich one antoher, provided that they are soberly distinguished and applied correctly.
Title:A brief description of an intellectual journey: on Willem Vorster's quest for understanding. Abstract: This article is devoted to a brief description of Willem Vorster's intellectual journey. As a New Testament scholar Vorster exerted a great influence on the study of the New Testament in South Africa. Since the beginning of the nineteen seventies New Testament studies took a different direction and Vorster's contributions in this regard were decisive. To illustrate this development in South African New Testament scholarship this article focuses on Vorster's preoccupation with method and related issues. He introduced a new kind of approach to the New Testament which was constantly changed or remodified. Vorster changed or at least shaped the thoughts of a generation of New Testament scholars regarding method, the nature of the text, the reference to outside realities, the intentions of the original authors, et cetera. His approach also reflects his lifelong struggle to come to grips with history and historical criticism.
Title:Willem Vorster and popularised theology. Abstract: In this article the importance of popularising theology in the new South Africa is emphasised by referring to the work of Willem Vorster, who did not specialise in popularising theology but was convinced that the results of theological research must be accessible to all. It is argued that the people of Africa are overwhelmingly religious and that Christianity is one of the fastest growing religions in Africa today. Traditional theological training does not fulfil all the needs and there is an increasing need for nonformal theological education. In nonformal theological education narrarives can and must play an important role. Popularised theology must be accessible, relevant and contextua
Title:Tracking the pathways opened by Willem Vorster in historical Jesus research. Abstract: Willem Vorster did not construe a life of the historical Jesus. He, however, opened pathways in studying some features of what is nowadays referred to as the Third Quest for the Historical Jesus. The following aspects received attention in his work: the epistemology of 'post-critical' historical research, the presuppositions regarding the 'Jewishness' of Jesus, the issue of whether the historical Jesus should be seen as either an eschatological prophet or a wisdom teacher, the use of metaphors for understanding Jesus' identity, and the relevance of historical Jesus research for the 'new' South Africa. This essay aims at tracking some pathways opened by Vorster in the above-mentioned studies for future historical Jesus research. Three directions have been identified as issues that can be considered: the role of the canon as the boundary for investigation, the methodology and criteria regarding the process of the divinization of Jesus and the dynamics behind this process, and the relevance of the Jesus of history for Native Africans, studied from a cross-cultural perspective.
Title: In memoriam: professor Willem Vorster. Abstract: Briefly discusses the importance of W S Vorster for New Testament theology in South Africa.
Title: Huldeblyk: Anna Vorster, 1928-1990 Abstract: Pays tribute to Anna Vorster, a well-known artist, art lecturer and art critic, who passed away in 1990.
Title: Gordon Vorster: doodsberig. Abstract: An obituary of and brief biographical notes on Gordon Vorster(1924-1988), the versatile painter, graphic artist, actor, film-maker and novelist

Owner of originalJan Adriaan Vorster *1961

» Show All     «Prev 1 2 3 4 5 6 7 ... Next»     » Slide Show





Contact Us

  • Contact Us
  • vorster.net@gmail.com
  • vorster.net/genealogie

Webmaster Message

For updates use the "suggest" link on the relevant data page of the person and submit.