The Vorster's and family History

Your Family's Journey Through Time

Casper Jan Hendrik Vorster

Casper Jan Hendrik Vorster

Male 1846 - 1925  (78 years)

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Casper Jan Hendrik VorsterCasper Jan Hendrik Vorster was born on 26 May 1846 in Middelburg KP, Rietvlei.; was christened on 4 Oct 1846 in Cradock (son of Tjaart Johannes Vorster and Lasya Wilhelmina Vorster); died on 1 Feb 1925 in Postmasburg, Waterstroomvlei.; was buried in Postmasburg, Waterstroomvlei.

    Notes:

    MOK 1/1/460
    Bdl No R9/729
    In die handel en wandel bekend as Jan. By sy doop was Ca. Jan Hen . Vorster , Hester Sophia Vorster , BJ Vorster en Al. Bar. Steyn getuies.

    Hy verhuis in 1892 vanaf Middelburg KP na Waterstroomvlei,in Griekwaland Wes - tussen Postmasburg en Griekwastad.
    Kommandant Jan Vorster, alias Jan Pieter Retief, Kaapse Rebel.
    Die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereeniging, Military History Journal, vol 7 no 4. deur Dr P.W. Vorster, DVD

    Na die be-eindiging van die Tweede Anglo-Boereoorlog op 31 Mei 1902 kon die Transvaalse en Vrystaatse burgers na hul woonplekke terugkeer. Die krygsgevangenes in oorsese kampe is so spoedig moontlik gerepatrieer. Met die Kaapse rebelle wat hul goed en bloed vir die twee Boererepublieke opgeoffer het, was dit egter nie die geval nie. Nadat hulle die wapen neergelˆ het, is hulle vir hoogverraad aangekla. Die wat die amp van veldkornet of vrederegter in die Kaapse goewerment beklee het of die rang van kommandant in die rebelle- of Boeremagte gehad het, is swaar gevonnis (meestal gevan- genisstraf). Die ander is wel op aanklag van hoogverraad skuldig bevind, dog het slegs hul stemreg vir vyf jaar verloor en is vrygelaat. Die rebelle wat voor vredesluiting gevonnis is, moes hulle straf uitdien. Baie van die rebelle wat in die buiteland was - veral die wat offisiersrange beklee het - was huiwerig om terug te keer uit vrees dat hulle op hoogverraad tereg moes staan. Die van bulle wat selfs na 'n jaar of langer na vredesluiting teruggekom het, is steeds aangekla.

    Die na-oorlogse ontberinge van die Kaaplandse rebelle het dus veel langer as die van hul republikeinse strydgenote geduur. Hoewel daar al heelwat aandag aan die deelname van die Kaapse kolonianers aan die Tweede Anglo-Boereoorlog geskenk is(1), is daar sover bekend nog min studies oor die lotgevalle van individuele rebelle gedoen. In hierdie artikel word die oorlogswedervaringe van een van die Noordkaaplandse rebelle, naamlik kommandant Jan Vorster van die distrik Hay, aangebied.

    Casper Jan Hendrik (Jan), die oudste kind van Tjaart Johannes Vorster (1826-1896) en Lasya Wilhelmina Vorster (1830-1898), is op 25 Mei 1846 op die plaas Rietvlei in die distrik Middelburg (K.P.) gebore. Hy tree op 18 Julie 1864 in die huwelik met Magdalena Petronella Vorster (1848-l879) en hertrou op 30 Augustus 1880 met Heiletjie Maria Sophia Venter, gebore Vorster, weduwee van J A Venter. In 1892 verhuis Jan Vorster en sy gesin van Middelburg na Griekwaland-Wes waar hy hom op die plaas Waterstroomvlei tussen Postmasburg en Griekwastad (distrik Hay - tans distrik Postmasburg) vestig.(2)

    Rebellekommandant van die distrik Hay
    Na die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 het die gewapende magte van die Republiek Oranje-Vrystaat die Noordoos-Kaapkolonie en Griekwaland-Wes binnegeval. President M T Steyn het op advies van regter J B M Hertzog 'n proklamasie uitgevaardig waarvolgens die gebiede slegs beset en onder Vrystaatse beheer geplaas is. Dit het dus nie anneksasie heteken nie. Die betrokke Vrystaatse offisiere het egter die besetting wel as anneksasie beskou en daarvolgens opgetree.(4) Die goewerneur van die Kaapkolonie, sir Alfred Milner, het die republieke dan ook onverwyld van anneksasie van dele van die Kaapkolonie beskuldig.(5)

    Vroeg in November 1899 het regter Hertzog en kommandant J Jordaan Griekwaland-Wes binnegeval en op 11 November die dorpie Barkly-Wes onder Vrystaatse militˆre beheer geplaas. Binne 'n week is die Vrystaatse vlag deur Jordaan ook op Campbell, Griekwastad en Postmasburg gehys.(6) Met die aankoms van die Vrystaters op 17 November op Griekwastad is hulle deur 'n aantal boere van die distrik Hay verwelkom. Laasgenoemde het hulle van meet af aan as Vrystaatse burgers beskou en die wapen teen die Britse magte opgeneem. Op 'n vergadering wat die boere van die distrik die aand gehou het, is offisiere vir die verskillende veldkornetswyke van die distrik gekies en hulle sou voortaan ook die krygsraad van die rebelle uitmaak. Jan Vorster is as veldkornet vir wyk 4 (Blinkklip) verkies.(7) Teen Januarie 1900 het hy reeds die rang van kommandant beklee en rebelle sover as Olifantshoek in Brits-betsjoeanaland gewerf.(8) Net soos die ander rebelle-offisiere het hy ook die burgers in sy wyk in die naam van die 'goewerment van die Oranje Vrystaat' opgekommandeer om by die rebellemagte aan te sluit of om aan hulle lewensmiddele te lewer.

    Fabersput en Wes-Transvaal
    Onder oopperbevel van generaal P J de Villiers was Jan Vorster een van die aanvoerders van die Griekwaland-Wes rebelle wat op 30 Mei 1900 'n Britse mag onder sir Charles Warren op die plaas Fabersput naby Campbell aangeval het. Die rebelle het egter die geveg verloor en verdere weerstand het verbrokkel. Die meeste van hulle het dan ook gedurende Junie 1900 hulle wapens neergelˆ en oorgegee. Sowat vyftig - onder andere Jan Vorster - het egter besluit om die stryd voort te sit en is saam met generaal De Villiers na Wes-Transvaal om by generaal J H de la Rey aan te sluit.(9) Naby Wolmaransstad het Jan Vorster egter van generaal De Villiers afskeid geneem(10) en hom as Transvaalse burger by die Potchefstroomse kommando van generaal P J Liebenberg gevoeg.

    Jan Vorster het waarskynlik reeds met generaal Liebenberg kennis gemaak toe laasgenoemde die eerste paar maande van 1900 in die Noord-Kaap opgetree het om die Britse magte te verdryf en om rebelle te werf. Met behulp van die rebelle van die distrik Hay het hy dan ook op 15 Februarie 1900 Prieska beset.(11) Op 30 Maart 1900 was generaal Liebenberg die voorsitter van 'n krygsraadsvergadering van die rebelle van die distrik Hay op Griekwastad.(12) As kommandant was Jan Vorster lid van die krygsraad.

    In April 1900 het generaal De La Rey vir Liebenberg teruggeroep met die opdrag om die spoor- en telegraafverbindinge tussen Krugersdorp en Klerksdorp te ontwrig. Verder moes sy kommando die Britse troepe in die gebied so lastig val dat daar nie 'n sterk mag Noord van die Vaalrivier kon saamtrek om die deurtog van generaal C R de Wet uit die Vrystaat na Wes-Transvaal te verhoed nie.(13) Gedurende Junie tot Augustus het Liebenberg soveel welslae in die Potchefstroomgebied behaal dat die Britse opperbevel lord Methuen beveel het om dadelik van Rustenburg na Potcbefstroom op te ruk om die strategies belangrike spoorlyn tussen Krugersdorp en Klerksdorp te beveilig.(14) Methuen het op 29 Julie op Potchefstroom aangekom. Amery beskryf Methuen se tog tussen Bankstasie en Potchefstroom as 'a running fight with Boers watching the railway and road from the hills near Welverdiend'.(15) Methuen kon egter nie daarin slaag om verdere aanslae van Liebenberg op die betrokke spoorlyn te voorkom nie. Ook kon die sterk Britse magte Noord van die Vaalrivier nie verhoed dat generaal De Wet op 6 Augustus die Vaalrivier by Schoemansdrif oorsteek en die Wes-Transvaal binneval nie.(16)

    Gevangeneming en verbanning na Ceylon 1900-1902
    Dit was waarskynlik tydens een van die daaglikse skermutselinge tussen Liebenberg se patrollies en die Britse troepe dat Jan Vorster op Sondag, 5 Augustus 1900, by Potchefstroom (dit kon in die dorp of distrik gewees het, gevang is. Hy het sy naam as Jan Pieter Retief, woonagtig te Johannesburg, opgegee.(17) Hy is as Transvaalse burger saam met ander krygsgevangenes na die militˆre kamp by Groenpunt gestuur. Vandaar is hy as Jan Pieter Retief (nommer 11388) saam met 13 Boer-offisiere en 247 burgers op 3 September 1900 met die skip City of Vienna na Ceylon vervoer waar hulle op 25 September aangekom het.(18) Vanaf die Colombohawe is hulle na die groot krygsgevangekamp Diyatalawa geneem waar hy hut 51 tot in Julie 1902 bewoon het.

    Gedurende die bykans twee jaar in ballingskap het by verskillende briewe aan familielede in Suid-Afrika geskryf. Sommige van die briewe het behoue gebly en word tans in die Oorlogsmuseum in Bloemfontein bewaar. Al die briewe het hy as J P Retief onderteken en hoewel al die korrespondensie van krygsgevangenes streng gesensor is, het die Britse owerheid nooit sy ware identiteit vasgestel nie - daarvoor was hy te uitgeslape! Die meeste briewe het by aan sy 'neef' B J Vorster van die plaas Waterstroomvlei gerig. Hierdie 'neef' is egter niemand anders as sy eie seun nie! Een van sy briewe (17 April 1902) skryf hy aan mevrou H Vorster en spreek haar aan as 'waarde en geliefde tanta' terwyl sy in werklikbeid sy eggenote is. In sy briewe maak hy soms melding van sy terugkeer na die Transvaal. In sy laaste brief (24 Julie 1902) vra hy vir mejuffrou H van der Walt van Wildfontein of sy vrou nog in die Transvaal op Vlei is. Hier sinspeel hy natuurlik op sy plaas Waterstroomvlei in Griekwaland-Wes. In al sy briewe spreek hy sy vurige verlange na en diepe bekommernis oor sy vrou en kinders uit. Daarin getuig hy ook van sy onwrikbare geloof en vertroue in sy hemelse Vader. Hy praat ook sy naasbestaandes moed in en troos hulle met Bybeltekste.

    Verblyf in Nederland
    Na die vredesluiting op 31 Mei 1902 het Jan Vorster besef dat hy nie saam met die ander krygsgevangenes dadelik na Suid-Afrika kon terugkeer nie. Sy ware identiteit sou dan bekend word en hy sou as kommandant van die rebelle van die distrik Hay vir hoogverraad aangekla word. Dat sy vrese nie ongegrond was nie blyk uit die feit dat 41 van die Ceylon-krygsgevangenes by hulle aankoms in Suid-Afrika as Kaapse rebelle verhoor en gestraf is.(19)

    Op 24 Julie 1900 skryf by vanaf die Ragama-kamp, naby Colombo, aan mejuffrou H van der Walt van Wildfontein dat hy van die 'outoriteite' toestemming ontvang het om die volgende week met die skip Selaka na Holland te vertrek, waar hy hom by vriende in Amsterdam sou aansluit. Hy sou na dieselfde plek as waar 'Hendrik' hom bevind, gaan.

    Mejuffrou H van der Walt, vir wie by as 'tante' aanspreek, is die dogter (Hester) van sy suster Lavina (1856-1939) wat met Johannes Hendrik Stephanus (Hendrik) van der Walt (1853-1903) van die plaas Wildfontein, distrik Middelburg (K.P.) getroud is. Die 'Hendrik' in sy brief is dus sy swaer wat reeds in 1900 as Kaapse rebel na Holland uitgewyk het.

    Dit kan dus aanvaar word dat by in oorlegpleging met Hendrik van der Walt besluit het om eers na Holland te gaan om te sien hoe die Kaapse regering na die oorlog teenoor die rebelle in die buiteland sou optree. Van der Walt het waarskynlik ook re‰lings getref dat Jan Vorster se oortog van Ceylon na Holland betaal word. Ook meld hy in sy brief dat hy die enigste Afrikaner tussen die Hollanders sou wees en dat die reis sowat vyftig dae sou duur.

    'n Maand na die Vrede van Vereeniging is die krygsgevangenes in Ceylon in kennis gestel dat die wat op eie koste kon gaan dadelik na Suid-Afrika kon terugkeer. Die ander moes wag totdat die nodige vervoerre‰lings vir hulle getref is. Vir vrylating moes hulle almal 'n verklaring van trou aan die Britse kroon onderteken. Ses-en-sewentig Hollanders (meestal van die Ragama-kamp) wat aan Boerekant geveg het, is deur bemiddeling van die Nederlandse Konsul in Ceylon na Holland gerepatrieer. Jan Vorster was deel van bierdie groep wat op 28 Julie 1902 met die Selaka vanaf Colombo vertrek het. By Padang is hulle na 'n ander Hollandse skip oorgeplaas wat deur die Suez-kanaal direk na Amsterdam gevaar(20) en omstreeks die einde van September daar aangekom het. Op 'n poskaart van 17 Oktober 1902 aan sy dogter gee Jan Vorster sy adres as die van mejuffrou Anna Mooij, Ter-flaarstraat 15, Amsterdam aan. Volgens 'n poskaart van 3 November 1902 aan hom gerig, was hy toe 'n inwoner van die 'Afrikaner Tehuis' in Overtoom, Amsterdam,

    Nederlanders wat die Boere in Suid-Afrika goedgesind was, het in 1900 'n 'Christelijk Nationaal Boeren-Comit‚' gestig om hulp aan die Kaaplandse rebelle wat na Holland uitgewyk het, te verleen. Hierdie Boerekomitee het in Augustus 1900 'n groot herehuis by Nieuwe Herengracht 143, die eiendom van die Gereformeerde Kerk Amsterdam, tot die beskikking van die uitgewekenes gestel en ook finansi‰le bystand verleen. Hierdie buis is die 'Afrikaans Tehuis' genoem. Daar was by geleentheid sowat sestig Afrikaners in die tehuis. In Mei 1902 het die diakonie van die Gereformeerde Kerk Amsterdam die tehuis vir ander doeleindes benodig en die sowat twintig inwoners wat toe nog oor was, is na 'n tweede Afrikaanse tehuis aan die Overtoom (nommer 191) oorgeplaas. Na die vredesluiting het die meeste Kaaplanders na Suid-Afrika teruggekeer sodat daar aan die einde van November nog net vier in die tehuis oorgebly het. Dit is trouens aan die begin van Desember gesluit.(21)

    Amnestie
    Tydens die vredesonderhandelinge in Mei 1902 het die Boereafgevaardigdes 'n sterk pleidooi vir amnestie aan die Kaapse en Natalse rebelle gelewer. Die Kaapse regering het die onderneming gegee om onder sekere voorwaardes am die versoek van die Boereleiers te voldoen.(22) Kort na vredesluiting het die Kaapse goewerneur in 'n proklamasie wat hy op 11 Junie 1902 uitgevaardig het die amnestievoorwaardes uiteengesit. Die rebelle wat 'n amp van vrederegter of veldkomet in die Kupse goewerment beklee het of die rang van kommandant in die rebelle- of burgermagte gehad het, sou egter van die amnestievoordele uitgesluit wees. Hulle sou egter deur 'n gewone siviele hof verhoor word. Die vonnisoplegging sou aan die diskressie van die bof oorgelaat word behalwe dat die doodstraf nie opgelˆ sou mag word nie. In die proklamasie word voorts gemeld dat die jurisdiksie van die spesiale (militˆre) howe, ingestel ingevolge die 'Indemnity and Special Tribunals Act, 1900' op 12 April 1901 verstryk het. Rebelle wat na di‚ datum, maar voor 10 Julie 1902, gevange geneem is of oorgegee het, sou deur die gewone (siviele) howe verhoor word. Alle Britse onderdane wat nie voor of op 10 Julie 1902 hulle wapens neergelˆ het nie, sou die amnestievoordele verbeur.(23) Strydig met die versekering wat in die proklamasie gegee is en selfs na die opheffing van die krygswet in September 1902 het die spesiale howe steeds voortgegaan om re- belle te verhoor en te vonnis. So het die spesiale hof in Oktober 1902 in Kimberley swaar strawwe aan 'n aantal Griekwaland-Wes-rebelle opgelˆ.(24) Berigte oor hierdie verhoor moes vir Jan Vorster so afgeskrik het dat hy bevrees was om na Suid-Afrika terug te keer. Hierdie spesiale howe het egter teen die einde van 1902 opgehou funksioneer.

    Joseph Chamberlain, koloniale sekretaris van die Britse regering, het hom tydens sy besoek aan Suid-Afrika in 1902-1903 besonder beywer om versoening tussen Boer en Brit te bevonder. Hy het in Februarie 1903 in Kaapstad samesprekings met Jan Hofmeyr, leier van die Afrikanerbond, gevoer om Hofmeyr se samewerking vir sy konsiliasiebeleid te verkry. In ruil hiervoor het Hofmeyr die vrylating van die Kaapse rebelle (die sogenaamde politieke gevangenes) as voorwaarde gestel. Chamberlain was so gretig dat sy versoeningsbeleid moes slaag dat hy op die vooraand van sy vertrek op 23 Februarie 1903 belowe het om Hofmeyr se versoek te steun.(25) Chamberlain het ongetwyfeld tydens sy onderhandelinge met Hofmeyr ook die aangeleentheid met die Kaapse goewerneur en regering bespreek. Kort na sy vertrek na Engeland het sir Pieter Faure, koloniale sekretaris, by die prokureur-generaal laat vasstel aan welke politieke gevangenes daar genade kon verleen word met die oog op die versagting van hul vonnisse.(26) Na Chamberlain se terugkoms in Engeland skryf hy op 26 Maart 1903 aan Hofmeyr: 'You have already seen that amnesty to which you have attached so much importance has been conceded.(27) Die 380 rebelle in die Tokai-gevangenis is inderdaad op 21 Maart 1903 vrygelaat.(28)

    Hoewel hierdie amnestieverlening nie ipso facto op die Kaapse rebelle wat toe nog in die buiteland verkeer het van toepassing was nie, het dit tog aan hulle die vrymoedigheid gegee om huis toe te kom. Die versoeningsbeleid van Chamberlain het ongetwyfeld baie daartoe bygedra dat die houding en optrede van die Kaapse owerheid teenoor die rebelle in die buiteland mettertyd matiger geword het. In Januarie 1905 is die versekering aan di‚ rebelle gegee dat hulle nie meer vervolg sou word nie. Hulle moes net skriftelik erken dat hulle hoogverraad gepleeg het en sou dan slegs vir vyfjaar ontkieser word.(29)

    Terugkoms
    Op 15 Julie 1903 het Jan Vorster en twee ander Kaaplanders, Mattheus J du Plessis van Cradock en Mechiel Jacobus Pretorius van Middelburg, in Kaapstad aangekom. Hulle het hulle die volgende dag aan die resident-magistraat oorgegee. Jan Vorster het in sy verklaring gemeld dat hy op 4 Desember 1899 by die Vrystaatse magte aangesluit het, op 28 Julie 1902 na Europa vertrek het en op 15 Julie 1903 teruggekom het. Die landdros het bom op borgtog van 250 pond sterling vrygelaat op voorwaarde dat hy bom na sy tuiskoms by die resident-magistraat op Griekwastad moes aanmeld om verhoor te word. Hy het op 3 Augustus in die hof op Griekwastad ver skyn. Verskillende persone wat destyds saam met hom gerebelleer het, het getuig dat hy vanaf November 1899 tot Junie 1900 as veldkornet aan die rebellie deelgeneem het en dat hy gedurende die tyd nie enige oorlogmisdaad gepleeg het nie.(30) Die hof het hom ongetwyfeld aan hoogverraad skuldig bevind maar dit is nie bekend wat sy vonnis was nie. Moontlik het die hof in aanmerking geneem dat hy byna twee jaar lank in gevangenisskap in Ceylon deurgebring en daarna vir bykans 'n jaar in Holland vertoef het. Hy was dus altesaam drie jaar van sy plaas en huisgesin afwesig. Net soos in die geval van ander rebelle is sy stemreg hom waarskynlik ook vir vyf jaar ontneem. Deur wetgewing het al die Kaapse rebelle egter hul stemreg in 1906 teruggekry.

    Besluit
    Kommandant Jan Vorster was al taamlik bejaard (53 jaar) toe hy in November 1899 uit meegevoel met die twee Boere-republieke se stryd teen Groot-Brittanje aanvoerder van die distrik Hay se rebelle geword het. Hy het beslis baie opgeoffer vir die saak waarvoor hy die wapen opgeneem het. Die twee jaar in ballingskap in Ceylon was op sy leeftyd vir bom waarskynlik 'n swaar beproewing wat ho‰ eise aan sy geloofs- en Godsvertroue gestel het. In feitlik elke brief uit die Diyatalawakamp maak hy melding van sy intense verlange na sy land en familie en kla dat hy so min van sy geliefdes hoor - iets wat hom diep bekommer het. Ook op stoflike gebied is by swaar deur die oorlog getref. Geen wonder nie dat hy die res van sy lewe stil en rustig op sy plaas Waterstroomvlei deurgebring het en nie meer aktief aan die politiek deelgeneem het nie. Hy is op 1 Februarie 1925 in die ouderdom van 78 jaar en 9 maande na 'n veelbewo‰ lewe oorlede en op sy plaas begrawe.

    Die Kaapse kolonialers wat hulle aan die kant van die twee Boere-republieke geskaar het en groot ontberinge deurgemaak het, is vandag haas 'n vergete geslag. Min van hulle kleinkinders leef nog. Behalwe 'n paar klein aandenkings wat die rebelle uit die gevangeniskampe met hulle saamgebring het, is die herinneringe aan hulle oorlogswedervaringe vinnig besig om in die vergetelheid te verdwyn. Dit is dus te betreur dat daar nie meer van die rebelle se lotgevalle opgeteken is nie want daarsonder word die rykgeskakeerde vaderlandse geskiedenis beslis verarm.

    Casper married Magdalena Petronella Vorster on 18 Jul 1864 in Burgersdorp. Magdalena (daughter of Roelof Louis Vorster and Anna Francina van Wyk) was born on 30 Apr 1848 in Middelburg KP Distrik.; was christened on 9 Jul 1848 in Cradock; died on 14 Nov 1879 in Tigerkloof. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. Tjaart Johannes Vorster was born on 30 Aug 1869; died on 23 Sep 1943 in Durban.
    2. Anna Francina Vorster was born on 16 Apr 1871; was christened on 21 May 1871 in Middelburg KP.; died on 13 Sep 1871.
    3. Roelof Louis Vorster was born on 13 Dec 1872; was christened on 16 Feb 1873 in Middelburg KP.; died on 18 Jan 1952 in Westonaria.
    4. Casper Jan Hendrik Vorster was born on 24 Feb 1874; died on 13 Sep 1874 in Middelburg KP..
    5. Barend Johannes Vorster was born on 11 Sep 1875 in Middelburg KP.; was christened on 24 Oct 1875 in Middelburg KP.; died on 26 May 1934 in Postmasburg.
    6. Lasya Wilhelmina Vorster was born on 30 Oct 1877; was christened on 6 Jan 1878 in Middelburg KP.; died on 20 Nov 1951 in Hartswater; was buried in Schweizer Reneke.

    Casper married Hyletjie Maria Sophia Vorster on 30 Aug 1880 in Middelburg KP.. Hyletjie (daughter of Casper Jan Hendrik Vorster and Hester Francina Hendrina Pelser) was born on 14 Dec 1851 in Middelburg KP.; was christened on 21 Mar 1852 in Burgersdorp; died on 17 Sep 1939 in Postmasburg, Waterstroomvlei.; was buried in Postmasburg, Waterstroomvlei. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. Hester Francina Hendrina Vorster was born on 22 May 1881 in Middelburg KP.; was christened on 17 Jul 1881 in Middelburg KP.; died on 27 May 1889.
    2. Barend Johannes Vorster
    3. Roelof Louis Vorster
    4. Tjaart Johannes Vorster
    5. Lucia Wilhelmina Vorster

Generation: 2

  1. 2.  Tjaart Johannes Vorster was born on 22 Feb 1826 in Cradock Distrik; was christened on 3 Jul 1826 in Cradock (son of Casper Jan Hendrik Vorster and Maria Elisabeth van der Walt); died on 26 Mar 1896 in Middelburg KP, Doornhoek.

    Tjaart married Lasya Wilhelmina Vorster on 3 Nov 1844 in Cradock. Lasya (daughter of Pieter Willem Vorster and Magdalena Johanna Vorster) was born on 27 Jan 1830 in Rietvley; was christened on 25 Mar 1830 in Cradock; died on 3 Nov 1898 in Middelburg KP, Doornhoek. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Lasya Wilhelmina Vorster was born on 27 Jan 1830 in Rietvley; was christened on 25 Mar 1830 in Cradock (daughter of Pieter Willem Vorster and Magdalena Johanna Vorster); died on 3 Nov 1898 in Middelburg KP, Doornhoek.
    Children:
    1. 1. Casper Jan Hendrik Vorster was born on 26 May 1846 in Middelburg KP, Rietvlei.; was christened on 4 Oct 1846 in Cradock; died on 1 Feb 1925 in Postmasburg, Waterstroomvlei.; was buried in Postmasburg, Waterstroomvlei.
    2. Magdalena Johanna Louisa Vorster was born on 1 Feb 1848; was christened on 30 Apr 1848 in Cradock.
    3. Maria Elisabeth Vorster was born on 30 Aug 1849; was christened on 25 Dec 1849 in Cradock.
    4. Lasya Wilhelmina Vorster was born on 9 Oct 1851 in Middelburg KP.,Tierkloof.; was christened on 29 Feb 1852 in Cradock; died on 11 May 1897 in Vlakfontein.
    5. Pieter Willem Vorster was born on 2 Sep 1853 in Middelburg KP.,Tygerkloof.; was christened on 19 Oct 1853 in Middelburg KP; died on 10 Sep 1925 in Postmasburg, in sy huis.
    6. Levina Catharina Magdalena Vorster was born on 8 Oct 1855; was christened on 7 Dec 1856 in Middelburg KP; died on 1 Sep 1939.
    7. Tjaart Johannes Vorster was born on 27 Apr 1857; was christened on 6 Jul 1857 in Middelburg KP; died on 26 Jun 1905 in Middelburg KP, Barendskraal..
    8. Hester Sophia Vorster was born on 17 Sep 1860 in Middelburg KP.; died on 17 Apr 1919 in Steynsburg,Fonteintjie..
    9. Johanna Maria Vorster was born on 22 Aug 1863; was christened on 22 May 1865.
    10. Hendrina Francina Vorster was born on 20 Apr 1867; was christened on 28 Jul 1867 in Middelburg KP..


Generation: 3

  1. 4.  Casper Jan Hendrik Vorster was born on 1 Apr 1795 in Langkloof; was christened on 17 May 1795 in Graaf Reinet (son of Barend Johannes Vorster and Levina Catharina Steenkamp); died on 7 Sep 1890 in Middelburg KP.,Nooitgedacht..

    Notes:

    Verskyn die eerste keer in Graaff Reinet se opgaafrolle in 1810 - besit niks.
    In 1812 - 42 beeste en 135 skape.
    In 1813 - 30 beeste en 163 skape.

    Toekenning van plaas Karreefontein 47 gemaak aan Douw Gerbrandt Steyn en C J H Vorster op 11 Maart 1843.(Cradock Quitrents Vol 2 bls 11)

    Toekenning van plaas Elandskloof,groot 2256 morg gemaak op 30 Nov 1836.(Plaas is naby Willem Burgersrivier.) Op 3 Jun 1841 gaan die plaas na Schalk Willem Vorster.(QRR Vol 185 bls 223)

    CJH Vorster koop die plaas Doornhoek van Nicolaas van der Walt,wat dit op sy beurt gekoop het van Dirk Jacobus Coetzee, wie dit as `n toekenning ontvang het op 31 Maart 1838.

    Die plaas word op 17 Des 1912 verdeel as volg :
    Jas Thomas Maguire(Senior) 1279 Morg.
    Est. Tjaart Johannes Vorster 980 Morg.
    Algernon Edward Lonsdale? 1218 Morg
    Roelof Louis Vorster 1/2 van 1057 Morg.
    Louis Stephanus Vorster 1/2 van 1057 Morg.
    Casper Jan Hendrik van der Walt 1/2 van 528 Morg
    John Frederick Bennie 1/2 van 528 Morg.

    Toekenning van die plaas Vischgat groot 2060 morg, gemaak aan CJH Vorster op 10 Jun 1851.(QRR 11, bls 154)

    Casper married Maria Elisabeth van der Walt on 10 Apr 1815 in Graaff- Reinet. Maria was born on 28 Jul 1797. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 5.  Maria Elisabeth van der Walt was born on 28 Jul 1797.
    Children:
    1. Johanna Maria Vorster was born on 14 Oct 1816; was christened on 1 Mar 1817 in Graaff- Reinet.
    2. Barend Johannes Andries Vorster was born on 24 May 1818; was christened on 8 Nov 1818 in Cradock; died on 3 Jan 1864 in Cradock,Kareefontein..
    3. Casper Jan Hendrik Vorster was born on 27 Aug 1820; was christened on 26 Dec 1820 in Cradock; died about 1901 in Klerksdorp Konsentrasiekamp.
    4. Louis Petrus Vorster was born on 11 Aug 1822 in Cradock, Koufontein.; was christened on 19 Oct 1822 in Cradock; died on 18 Okt 1867 in Grootvlei.
    5. Levina Catharina Magdalena Vorster was born on 4 Jul 1824; was christened on 22 Aug 1824 in Cradock.
    6. 2. Tjaart Johannes Vorster was born on 22 Feb 1826 in Cradock Distrik; was christened on 3 Jul 1826 in Cradock; died on 26 Mar 1896 in Middelburg KP, Doornhoek.

  3. 6.  Pieter Willem Vorster was born on 4 Jan 1800; was christened on 23 Feb 1800 in Graaff- Reinet (son of Izaak David Vorster and Hendrina Francina Kruger); died on 1 Nov 1882 in Middelburg KP, Rietvlei..

    Notes:

    " Grant " van die plaas Pampoenfontein No 252 GR op 9.9.1843 aan Pieter Willem Vorster en Dirk Coetzee

    "Grant" van die plaas Bronkhorstfontein No 256 gemaak aan PW Vorster op 31.10.1836

    (Dit kan ook die PW Vorster gebore op 8.7. 1798 of 1783 wees. Is nie seker watter een die plaas gekry het nie)

    Pieter married Magdalena Johanna Vorster on 2 Feb 1817 in Graaff Reinet. Magdalena (daughter of Roelof Vorster and Levina Catharina Magdalena Steenkamp) was born on 19 Nov 1800 in Graaff Reinet Distrik.; was christened on 11 Oct 1801 in Graaf Reinet; died on 11 Dec 1865 in Middelburg KP, Rietvlei.. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 7.  Magdalena Johanna Vorster was born on 19 Nov 1800 in Graaff Reinet Distrik.; was christened on 11 Oct 1801 in Graaf Reinet (daughter of Roelof Vorster and Levina Catharina Magdalena Steenkamp); died on 11 Dec 1865 in Middelburg KP, Rietvlei..
    Children:
    1. Levina Catharina Magdalena Vorster was born on 3 Dec 1817; was christened on 15 Mar 1818 in Cradock; died on 29 Aug 1838 in Willemburgersrivier, Cradock.
    2. Hendrina Lasya Francina Vorster was born on 19 Apr 1819; was christened on 27 Jun 1819 in Cradock; died in in jonk dood.
    3. Cecilia Sophia Vorster was born on 25 Sep 1821; was christened on 10 Mar 1822 in Cradock; died about May 1849.
    4. Magdalena Johanna Vorster was born on 22 Jan 1824; was christened on 7 Jun 1824 in Cradock; died on 5 Jan 1916.
    5. Hester Sophia Vorster was born on 26 Oct 1826 in Middelburg KP Distrik.; was christened on 2 Apr 1827 in Cradock; died on 21 Apr 1860.
    6. 3. Lasya Wilhelmina Vorster was born on 27 Jan 1830 in Rietvley; was christened on 25 Mar 1830 in Cradock; died on 3 Nov 1898 in Middelburg KP, Doornhoek.
    7. Roelof Stephanus Vorster was born on 23 Apr 1832 in Middelburg KP, Springfontein.; was christened on 5 Aug 1832 in Cradock; died on 8 Apr 1915 in Middelburg KP, Springfontein..
    8. Isaak David Vorster was born on 12 Aug 1835 in Middelburg KP., Rietvlei.; was christened on 1 Dec 1835 in Cradock; died on 14 Jun 1925 in Middelburg KP, Rietvlei..
    9. Catharina Maria Steenkamp Vorster was born on 5 May 1838.


Generation: 4

  1. 8.  Barend Johannes Vorster was born in in Tulbagh; was christened on 14 Jun 1748 in Tulbagh (son of Barend Vorster and Dorothea Maria Smit); died before 15 Oct 1799 in Sneeuwberg.

    Notes:

    Verskyn vir die eerste keer op die opgaafrolle in 1768 - Drakenstein. Besit 1 perd en sy wapens.
    1771 - 1 perd
    1772 - 1 perd, 200 skape.
    1773 - 1 slavin plus dogter, 1 perd,10 beeste en 200 skape.
    1774 - ditto, met 250 skape.
    (J201 tot J207)

    Op 15 Augustus 1773 doen Schalk Jac. Burger aansoek vir weidingsregte"op de Langecloof,gelegen op de hoek van de Sneeuwberg aan de kant van Barend Vorster mits daar ..... " . Hy verlaat die plaas op 8 September 1780.

    Barend doen aansoek vir weiding op " de Langecloof gelee agter die Sneeuwberge" in 1779 (RLR40/29 , 172)
    In die opgaaf gedoen op 1,2 en 3 Mei 1787 word getoon dat hy (oa) 51 Beeste en 700 Skape besit. Die 1788 opgaaf toon 7 Seuns,3 dogters,1 slaaf,70 Beeste en 900 Skape.
    Doen aansoek vir Weiding op "de Langekloof geleë agter den Sneeuwberge"op 21 Desember 1789 (RLR36/2)
    Die 1789/1790 opgaaf toon dat hy toe getroud was met LC Steenkamp. Hy besit toe 2 slawe, 3 slavinne,72 beeste en 1000 skape. In 1792 was die beeste steeds 72 maar die skape was toe 1100.

    B J V vra die huurpag op " de Seven fontein geleë aan Rhenosterfonteinberg" in 1770(RLR40/14 , 80) (Plaas geleë op Kaart 3224 by 32 00 Suid en 24 47 Oos)
    In 1794 het hy 3 seuns, 3 dogters,80 beeste en 1200 skape.

    Op 10 Mei 1795 word in Graaff Reinet berig aan die Landros en Heemrade dat " Barend Johannes Vorster van de Langkloof geruineert word deur die caffers maar dat hy nog daar is."
    In 1796 het hy 3 seuns, 4 dogters 30 beeste en 600 skape.
    MOOC8/53.42a & b &c gedateer 7 November 1800, 15 Oktober 1799, en 14 September 1798
    In sy Testament , gedateerd 14 Sept. 1798 , bemaak hy "de Langekloof met een bybetrokke vontyn genaamd Spitskop gelege agter Sneeberg met een wage ...."
    In 1798 toon die opgaafrolle dat hy 2 seuns, 3 dogters, 412 beeste en 590 skape besit.
    In 1800 word berig dat sy weduwee 3 Seuns, 3 dogters,434 beeste en 2666 skape besit en dat sy woon op `n leenplaas.

    (Die twee plase is geleë op die 1:250000 kaart No 3124 Middelburg by ongeveer 32grade 00min Suid en 25 grade 06 min Oos.)

    Christened:
    Barend Johannes Vorster Gedoop 14 Jun? 1748 (lyn 6); Ouers Barend Vorster en Dorothea Maria Smit.

    Credit / Source: "South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970

    Barend married Levina Catharina Steenkamp on 23 May 1790. Levina (daughter of Casper Jan Hendrik Steenkamp and Lavina Catharina van Aarde) was christened on 26 Aug 1770 in Swartland; died on 22 Jun 1853 in Beaufort, Spitskop.. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 9.  Levina Catharina Steenkamp was christened on 26 Aug 1770 in Swartland (daughter of Casper Jan Hendrik Steenkamp and Lavina Catharina van Aarde); died on 22 Jun 1853 in Beaufort, Spitskop..
    Children:
    1. Levina Catharina Magdalena Vorster was born on 26 Apr 1791; was christened on 3 Oct 1791 in Tulbagh.
    2. Hester Aletta Vorster was born on 16 Dec 1792; was christened on 2 Jan 1793 in Graaf Reinet.
    3. 4. Casper Jan Hendrik Vorster was born on 1 Apr 1795 in Langkloof; was christened on 17 May 1795 in Graaf Reinet; died on 7 Sep 1890 in Middelburg KP.,Nooitgedacht..
    4. Schalk Willem Vorster was born on 12 Nov 1796 in Murraysburg, Langkloof; was christened on 15 Oct 1797 in Graaff- Reinet; died on 26 Sep 1889 in Middelburg KP, Willemburgersrivier.; was buried in Middelburg KP, Willemburgersrivier..
    5. Barend Johannes Marthinus Vorster was born on 13 Oct 1798; was christened on 23 Dec 1799 in Graaff- Reinet; died on 22 Aug 1881 in Harmsfontein.

  3. 12.  Izaak David Vorster was born on 12 Mar 1774; was christened on 12 Jun 1774 in Tulbagh (son of Barend Johannes Vorster and Cecilia van Heerden); died before 1844.

    Notes:

    Verskyn die eerste keer op Graaff Reinet se opgaaf rolle in 1794 - hy besit 1 perd.
    In 1798 is hy getroud, het 2 seuns,167 beeste en 801 skape en hy woon by J C Lessing.

    In 1800 het hy 1 seun, 148 beeste en 1147 skape en hy woon steeds by Lessing.
    In 1801 het hy 4 seuns,148 beeste en 1322 skape - steeds by Lessing.
    In 1805 - 118 beeste,2103 skape en 119 bokke.

    In 1806 - 139 beeste, 2780 skape.
    In 1807 - 152 beeste,2894 skape en 104 bokke.

    In 1810 - 128 beeste, 3273 skape en hy boer op Vinkefontein en Skerpioenskraal.
    In 1811 - 141 beeste, 3632 skape, woonplek dieselfde.

    Izaak married Hendrina Francina Kruger on 4 Oct 1795 in Kaapstad. Hendrina (daughter of Hendrik Kruger and Lasya Francina Venter) was born on 31 Dec 1776 in Graaff Reinet Distrik; was christened on 19 Oct 1777; died on 5 Jan 1844 in Middelburg KP, Vinkfontein. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 13.  Hendrina Francina Kruger was born on 31 Dec 1776 in Graaff Reinet Distrik; was christened on 19 Oct 1777 (daughter of Hendrik Kruger and Lasya Francina Venter); died on 5 Jan 1844 in Middelburg KP, Vinkfontein.
    Children:
    1. Barend Johannes Vorster was born on 10 Sep 1796; was christened on 26 Feb 1797 in Tulbagh; died on 18 Nov 1878 in Middelburg KP, Vinkfontein,Renosterbergwyk.
    2. Hendrik Rudolph Vorster was born on 4 Apr 1798 in Graaff Reinet; was christened on 8 Jul 1798 in Graaff Reinet; died on 30 Sep 1858 in Middelburg KP, Hartbeesfontein..
    3. Izaak David Vorster was born on 4 Jan 1800 in Renosterberg; was christened on 23 Feb 1800 in Graaff- Reinet; died on 21 Oct 1876.
    4. 6. Pieter Willem Vorster was born on 4 Jan 1800; was christened on 23 Feb 1800 in Graaff- Reinet; died on 1 Nov 1882 in Middelburg KP, Rietvlei..
    5. Stephanus Johannes Roelof Vorster was born on 29 May 1801 in Cradock, Renosterberg.; was christened on 14 Oct 1801 in Graaf Reinet; died on 13 Mar 1860 in Twisfontein.
    6. Johannes Christiaan Vorster was born on 18 Feb 1803; was christened on 2 Sep 1803 in Tulbagh; died in 1808.
    7. Cecilia Margaretha Vorster was born on 2 Dec 1804; was christened on 12 May 1805 in Graaff- Reinet; died on 15 Jul 1866 in Cradock,Beskuitfontein..
    8. Lasya Francina Vorster was born on 25 Apr 1806; was christened on 9 Nov 1806 in Graaff- Reinet; died on 9 May 1856 in Cradock, Vanvoorskraal..
    9. Hester Sophia Vorster was born on 29 Sep 1809; was christened on 3 Dec 1809 in Graaff- Reinet; died on 4 Dec 1876 in Philipolis, Waaihoek..
    10. Francina Cecilia Vorster was born on 16 Oct 1820; was christened on 18 Feb 1821 in Graaff Reinet.

  5. 14.  Roelof Vorster was born on 21 Jul 1781 in agter Sneeuwberg, Cradock; was christened on 21 Apr 1782 (son of Barend Johannes Vorster and Cecilia van Heerden); died on 13 Nov 1843 in Middelburg KP, Rietvlei.

    Notes:

    verskyn die eerste keer op Graaff Reinet se pgaafrolle vir 1798 - hy besit niks en woon by sy broer.
    In 1800 is hy getroud en besit 85 beeste en 323 skape en hy bly by sy weduwee moeder.
    In 1801 het hy 1 dogter,77 beeste en 312 skape en hy woon by Louis van Wyk.
    In 1805 - 68 beeste,526 skape en 102 bokke.
    In 1806 - 64 beeste,690 skape en 114 bokke.
    In 1807 - 68 beeste,810 skape en 172 bokke.
    In 1810 - 71 beeste, 1576 skape en 180 bokke.
    In 1811 - 83 beeste,1810 skape en 120 bokke.
    In 1813 - 101 beeste, 1820 skape en 30 bokke.

    Toekenning van die plaas Rietvally groot 2850 morg gemaak aan Roelof Vorster op 30 November 1836.(QRR 185 bls 225)
    Toekenning van die plaas Leeuwkop 72 gemaak aan Roelof Vorster op 11 Maart 1848. Hy verkoop op 22 Maart 1849.(Cradock Quitrents Vol 2 bls 23) (Dit moet `n ander Roelof wees die?)

    Roelof married Levina Catharina Magdalena Steenkamp on 22 Dec 1799. Levina (daughter of Jan Harm Steenkamp and Magdalena de Klerk) was born on 9 Mar 1783 in Cradock Distrik; was christened on 7 Mar 1784; died on 16 Jul 1860 in Middelburg KP, Rietvlei. [Group Sheet] [Family Chart]


  6. 15.  Levina Catharina Magdalena Steenkamp was born on 9 Mar 1783 in Cradock Distrik; was christened on 7 Mar 1784 (daughter of Jan Harm Steenkamp and Magdalena de Klerk); died on 16 Jul 1860 in Middelburg KP, Rietvlei.
    Children:
    1. 7. Magdalena Johanna Vorster was born on 19 Nov 1800 in Graaff Reinet Distrik.; was christened on 11 Oct 1801 in Graaf Reinet; died on 11 Dec 1865 in Middelburg KP, Rietvlei..
    2. Barend Johannes Vorster was born on 22 May 1807; was christened on 30 Aug 1807 in Graaff- Reinet.
    3. Stephanus Roelof Vorster was born on 13 Oct 1827; was christened on 12 Oct 1828 in Colesberg; died on 12 Jul 1860.



Contact Us

  • Contact Us
  • vorster.net@gmail.com
  • vorster.net/genealogie

Webmaster Message

For updates use the 'Suggest' or 'Submit Photo/Doc' link on the relevant page of the person.