The Vorster's and family History

Your Family's Journey Through Time

Aletta Vorster

Female 1722 -


Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Aletta Vorster was christened on 5 Apr 1722 in Stellenbosch (daughter of Jan Vorster and Elisabeth Lubbe).

    Aletta married Pieter Gous on 25 Nov 1742 in Drakenstein. Pieter (son of Andre (Gauch) Gous and Jeanne de Klerk) was born in 1693. [Group Sheet] [Family Chart]

    Notes:

    FK 2192

    Children:
    1. Johannes Gous was christened on 4 Aug 1743.
    2. Maria Johanna Gous was christened on 5 Oct 1749.
    3. Elisabeth Gous was christened on 14 Jan 1753.
    4. Andries Gous was christened on 14 Mar 1755.
    5. Johannes Petrus Gous was christened on 2 Jul 1758.
    6. Aletta Dorothea Gous was christened on 10 Apr 1762.

Generation: 2

  1. 2.  Jan Vorster was born in in Bern, Switserland.; died in Unknown.

    Notes:

    In die indienskontrakte wat Jan opgestel het toon hy aan dat hy van Bern in Switzerland afkomstig was. Hy arriveer aan die Kaap op 13 Mei 1717 as Matroos aan boord van die skip Velserhoofd.

    ("Velserhoofdt" arrived in CapeTown on 13 May 1717 with Jan van der Heyden as Chief Officer, Nicolaas van Langeveldt as Second Officer and Adrianus van Hoorne as Gunner." Die Skipper was Thieleman Sterling.
    Die skip van 650 ton, `n Fluit gebou in 1716 te Amsterdam, het Texel in Holland op die 18 November 1716 verlaat met 92 matrose en 31 soldate aan boord. 3 Matrose en 2 soldate het die skip in die Kaap verlaat. 3 Matrose en een soldaat is gedurende die reis (Texel-Kaap-Batavia) oorlede. Die skip verlaat die Kaap op 7 Aug 1717 nadat nog 4 Matrose,2 Soldate en 2 Passasiers aan boord kom. Die skip arriveer in Batavia op 22 Oktober 1717 met 90 Matrose,30 Soldate en 2 Passasiers aan boord.)

    ( Die rekord toon ook " arrival of Jan Vorster, Skipper of the "Boekenroode"on 27 April 1718" Dieselfde Jan het die Kaap vir die eerste keer besoek as Skipper van die "Limburg" wat die Kaap vanaf Texel op 13 Mei 1710 aandoen, en was Skipper van die "Lokhorst" wat die Kaap vanaf Ceylon aandoen op 5 Maart 1715)

    Op 16 Julie 1717 maak die "matroos Hans Voster van Bern" en Cornelis Leendert Hutspot, `n Meester Messelaar, `n kontrak waarin Hans vir Cornelis vir `n periode van een jaar sal werk as "messelaarsknecht" teen `n vergoeding van 12 Caroli Gulden en 20 Pfennings per maand.

    Op 7 Julie 1718 maak die "matroos Hans Vorster van Bern" en Petrus van Aken, " bedienaar der Goddelijke Woordt" `n kontrak waarin Jan "als metselaar" sal werk vir `n periode van een jaar, teen vergoeding van 15 Gulde. Op 6 Junie 1719 word die kontrak hernu vir een jaar.Op 22 Junie is die kontrak voltooi, en Jan getuig dan ook so voor Swellengrebel. Jan was betrokke as messelaar by die bou van die oorspronklike strooidak kerk in die Paarl. In Sept 1720 word hy 100 Riksdalers betaal vir reparasiewerk nadat die noordelike gewel van die kerk inmekaar geval het.
    Die eerste steen van die kerk is gelê op 6 Sept 1718. Teen 7 April 1720 was die werk al so ver gevorder dat besluit is om die kerk op 2 Junie 1720 te begin gebruik. Die kerkgrootte was 80 voet x 40 voet.

    Op 22 Junie 1720 maak "Johannes Foster" en Heemraad Schalk Willemz van der Merwe `n kontrak vir een jaar , teen vergoeding van 12 Gulde. Die kontrak word verleng (elke keer vir een jaar) op 3 Junie 1721, 29 Mei 1722 en 24 Mei 1723.

    In 1723 doen Jan aansoek : "sig met sijn ambagt, synde het metselen,behoorlik as burger te sullen kunnen erleefd(?) ...... en met burgerskap deeser Coloniete begunstigd "
    (Vol C1088 bls 135)

    Uit Leibrandt (LM 17) "1723 - Jan Vorster arrived as a sailor in 1717 in the "Velserhoofdt"
    is a Mason by trade and believes that he will be able to earn a living , asks therefore for Burgher papers.

    Op 10 Desember 1723 koop Jan Vorster by die vendusie van sy Skoonpa Barend Lubbe die volgende:
    1. 1 vaatje met 1 ijzere lamp 0:2:- -
    2. 3 zijldoekse zakken met 3 mudde terw 8:- -:- -
    3. 1 boter vaatje met wat boter 2:2:- -
    4. 2 ossen 40:- -: - -
    Die totale opbrengs van die vendusie was rd:s2811:0:1/2 MOOC10/3.47

    Op 31 Mei 1724 koop Jan Vorster
    1. 6 Venster gordijne 2:-
    2. 1 Strijkyser en 3 Konfoortjies 1:-

    Op 2 Junie 1724 koop Jan Vorster op die vendusie van Stijntje Christoffelse Bruijns die volgende:
    1. 2 Kopere kandelaars en 2 hangblakers 1:4
    2. 1 Thee ketel met 1 Stoel 3:2

    Op 12 Junie 1724 koop Jan Vorster op die vendusie van Henrietta Wittebol:
    1. 1 Schotel rak 1:5
    2. 1 Kisje met beestenvel 1:1
    3. 6 Schilderijtjes 0:2
    4. 7 Porcelijne tafelborde 0:5

    Jan word nie getoon in rol VC41 wat die dienslui van die VOK vir die periodes 1717,1718 en 1719 nie.
    Die "Monster rolle" van die VOC (VC49 & VC50 , vryeliede aan die Kaap) toon dat Jan en Elisabeth vir die eerste keer gelys word vir die periode 30 April, 1 - 2 Maart 1724 as woonagtig in die Kaap. Hulle word ook getoon vir 1725, 1726, 1727 en vir die laaste keer 30 April, 1 - 3 Maart 1728, in die Kaap. Daarna verdwyn beide en word nie getoon in die Kaap, Stellenbosch of Drakenstein nie.
    Jan en Elisabeth verskyn ook in die "Opgaaf" rol van die Kaap vir 1725. Daarin besit hulle 1 manlike slaaf, 1 snaphaan en 1 Degen.(A2250)
    Oorlede ( of gedros?) ongeveer1728 - 1730. (Hierdie datum is `n aanname; want Elizabeth Lubbe het op 1 April 1731 in Tulbagh `n dogter , Elisabeth Bruins gedoop. In die doopregister staan " de vader onbekend") Sy is nie weer getroud nie. Hoekom nie? Die gebruik was tog dat so `n jong vrou weer sou trou - veral omdat sy klein kindertjies gehad het.

    Die MOOC rekords vir die periode toon geen rekord van Jan nie. As gevolg van sy minderjarige kinders moes daar tog seker iewers `n rekord gewees het indien hy aan die Kaap (waar hy gewoon het op daardie stadium) oorlede is?

    Daar is natuurlik bespiegeling oor Jan as volg:
    Jan Vorster het oorspronklike voorbeelde van sy naam, wat geskryf is as volg:

    Hans Voster 16/7/1717 Indiensnemingskontrak
    Hans Vorster 7/7/1718 Indiensnemingskontrak
    Johannis Foster 22/7/1720 Indiensnemingskontrak
    Jan Vorster 5/4/1722 Doop van Aletta
    Jan Voster 1723 Burgerskap aansoek
    Jan Vorst 17/9/1724 Doop van Jan
    Jan Vorster 1725 Monster rol
    Jan Voster 1/12/1726 Doop van Barent

    Hieruit blyk die volgende:
    1. Die middelste "r" weglaat.
    2. Uit die 8 voorbeelde is net een met 'n "F" gespel en dit sonder 'n umlaut.
    3. In die monster rolle van 1724, 1726, 1727 en 1728, wat almal die r weglaat.

    Die van word gespel: Engels - Foster, Skots - Forster, Duits - Förster, Switsers - Vorster.

    Dit is baie interresant dat sy besonderhede in die Nederlandse Nationale Argiewe met sy vaart op die Velserhoofd gegee is as Hans Voster uit Bern. Die volgende is besonderhede oor hom:

    Information concerning Hans Voster from Bern
    Date of commencement of employment: 18-11-1716 Date of termination of employment: 16-07-1717
    Occupation at commencement of employment: Ship gunner
    Reason for terminating employment: Free citizen

    Sailed away with the ship: Velserhoofd Where ended tenure of service: Cape of Good Hope
    Month certificate: No
    Debenture: Yes


    Information concerning the voyage
    Ship: Velserhoofd Departure: 18-11-1716
    Chamber: Amsterdam Cape: 13-05-1717
    07-08-1717
    Inventory number: 5691
    Folio: 43 Arrival: 22-10-1717
    Batavia
    DAS- and voyage no.: 2289.1

    In die Switserse geskiedenis is talle voorbeelde van Vorsters. Een van die bekendstes is Pankraz Vorster 1753-1829.
    Die hededaagse Switserse telefoon gidse wys heelwat Vorsters, selfs 'n Jan.
    In Schaffhausen JH Vorster *1944 in 2014 vir Hans Maria Vorster besoek. Hy is/was 'n geneoloog wat talle boeke oor Vorster stamboom geskryf het; terug tot 13e eeu (ek het hulle deurgeblaai). Ons kon egter nie 'n konneksie met 'ons' Jan kry nie.
    In Diessenhofen, Thurgau, waar eens baie Vorsters was, kon ek geen grafstene kry nie, want grafte word al baie jare lank elke 30 jaar hergebruik.

    Jan married Elisabeth Lubbe in 1721 in Drakenstein. Elisabeth (daughter of Barend Lubbe and Jacoba Brandenburg) was born on 6 Jun 1702 in Stellenbosch; was christened on 6 Aug 1702 in Stellenbosch; died on 13 Mar 1770 in Roodezand (Tulbagh). [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Elisabeth Lubbe was born on 6 Jun 1702 in Stellenbosch; was christened on 6 Aug 1702 in Stellenbosch (daughter of Barend Lubbe and Jacoba Brandenburg); died on 13 Mar 1770 in Roodezand (Tulbagh).

    Notes:

    In die Tulbagh Doodsregister staan geskrywe : " Oorlede op 13 Maart 1770, Elisabeth Lubbe,Wed. Vorster " Dit word vermoed dat sy binne die Kerk op Tulbagh begrawe is. Daar is egter geen rekords nie. Juanita, werksaam by die museum sê dat almal (behalwe mense wat op plase begrawe is) gedurende die periode 1743- 1773 binne in die kerk begrawe is.
    Sy was die enigste van die Lubbe kinders wat niks by haar pa Barend ge-erf het nie.

    Sy was ook die moeder van Elisabeth Bruins, gedoop in Tulbagh op 01 April 1731 ("de Vader onbekend") Elisabeth Bruins trou op 20 Maart 1748 met Matthias Taute van Oldenburg - soldaat,boukneg & onderwyser, burger van Stellenbosch 1747, oorlede op 23 November 1773.

    Notes:

    Gebore Stellenbosch 06.06.1702 = Stellenbosch 06.08.1702 + Roodezand,Tulbagh
    13.03.1770 dv Barend Lubbe en Jacoba Brandenburg . Moeder van ElisabethBruins ,
    (oneg) * +- 1731 x 20.03.1748 in Tulbagh met Mathias Tautevan Oldenburg, Burger van Stellenbosch.
    In die Tulbagh Doodsregister staan : " Overleden 13 Maart 1770, Elisabeth Lubbe, Wedw
    Vorster."

    Children:
    1. 1. Aletta Vorster was christened on 5 Apr 1722 in Stellenbosch.
    2. Jan Vorster was christened on 17 Sep 1724 in Kaapstad.
    3. Barend Vorster was born in in Tulbagh / Stellenbosch Distrik; was christened on 1 Dec 1726 in Kaapstad; died before 29 Apr 1794 in Citrusdal, Kleyne Valley ?.


Generation: 3

  1. 6.  Barend Lubbe was born about 1671 in Germany; died on 4 Dec 1723 in Stellenbosch.

    Notes:

    . Vertrek met attestate na Waveren gemeente in 1734

    "Barend Lubbe de Oude doen aansoek vir weidingsregte op die plaas Grootte Valley over die Oliphants Rivier " in Sept 1736 ( RLR 40A- G bls 178 Kaapse Argief)

    In 1758 doen Barend Frederik Lubbe aansoek vir weidingsregte op dieplaas Brackefonteyn
    gelee over die Olifantsrivier . Verlaat die plaas op 16 Des 1785.(RLR40/8, 62)
    MOOC 8/4.88

    Barend married Jacoba Brandenburg in 1696. Jacoba was born about 1675 in Netherlands; died in in Stellenbosch. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 7.  Jacoba Brandenburg was born about 1675 in Netherlands; died in in Stellenbosch.

    Notes:

    n Niggie van Johannes van Heyningin , onderkoopman van die H.O.I.K.

    Children:
    1. Hendrik Lubbe was born in in Stellenbosch; was christened on 13 Nov 1697 in Stellenbosch; died about 1700 in Stellenbosch.
    2. Aletta Lubbe was christened on 14 Jun 1699 in Stellenbosch; died before 9 Oct 1854.
    3. Hendrik Lubbe was born in in Stellenbosch; was christened on 5 Sep 1700 in Stellenbosch.
    4. 3. Elisabeth Lubbe was born on 6 Jun 1702 in Stellenbosch; was christened on 6 Aug 1702 in Stellenbosch; died on 13 Mar 1770 in Roodezand (Tulbagh).
    5. Jan Lubbe was born in in Stellenbosch; was christened on 23 Sep 1703 in Stellenbosch; died before 22 May 1726.
    6. Francois Lubbe was born in in Stellenbosch; was christened on 1 Jul 1705 in Stellenbosch; died before 8 Aug 1726.
    7. Catrina Lubbe was born in in Stellenbosch; was christened on 23 May 1706 in Stellenbosch.
    8. Jacobus Lubbe was born in in Stellenbosch; was christened on 30 Jun 1707 in Stellenbosch.
    9. Gerrit Lubbe was christened on 28 Oct 1708 in Stellenbosch.
    10. Johanna Lubbe was christened on 26 Jan 1710 in Stellenbosch.
    11. Maria Jacoba Lubbe was christened on 20 Dec 1711 in Stellenbosch.
    12. Barend Lubbe was christened on 5 Mar 1713 in Stellenbosch; died in Mar 1777.



Contact Us

  • Contact Us
  • vorster.net@gmail.com
  • vorster.net/genealogie

Webmaster Message

For updates use the 'Suggest' or 'Submit Photo/Doc' link on the relevant page of the person.