The Vorster's and family History

Your Family's Journey Through Time

Notes


Tree:  

Matches 4,651 to 4,700 of 4,903

      «Prev «1 ... 90 91 92 93 94 95 96 97 98 ... 99» Next»

 #   Notes   Linked to 
4651 Verskyn vir die eerste keer in Graaff Reinet se opgaaf rolle in 1812 - besit niks.Netso in 1814.

Op 27 Feb. 1823 "Alwyn Vorster,having found a piece of waste landcalled Doornkloof,or properly called Paardefontein,situated in Nieuveld asks for .... " Distr. Beaufort.

Op 3 Feb. 1821 vra Alwyn Johannes , Veldkornet Distr. Beaufort, vir"ewigdurende erfpag"
oor die plaas" Klipplaatvontyn, gelegen aan de Windvogelvontyn op`tNieuveldt" 
Vorster, Alwyn Johannes (I189)
 
4652 Verskyn vir die eerste keer in Graaff Reinet se opgaafrolle in 1806 - besit 6 beeste,172 skape en 46 bokke
In 1807 - 3 beeste,240 skape en 50 bokke.
In 1810 - 22 beeste,700 skape en 100 bokke.
In 1811 - 30 beeste,800 skape en 100 bokke.
In 1812 - 52 beeste,1000 skape, 100 bokke.
In 1813 - 46 beeste,1100 skape 200 bokke.
Verkry toekenning op die plaas Bultfontein groot 7124 morg,Brak Rivier distrik op 31 Nov 1837.(QRR 186 bls 398)
Vervreem op 28 Mar 1869 Haaspoort 776 morg `n deel van Bultfontein aan Alwyn J Vorster. J 10 
Vorster, Paulus Philippus (I200)
 
4653 Verskyn vir die eerste keer in Graaff Reinet se opgaafrolle in 1810 - hy besit niks.In 1811 besit hy steeds niks.In 1813 besit hy 1 perd.In 1814 is hy reeds getroud en besit steeds net 1 perd.

Op 22 Sept 1827 vra Barend Jacobus Vorster,Marthinus zoon, " wasteland called the Zuureberg in the Rhenosterberg. in Graaf Reinet

MOOC 8/48.42 opgestel op 18 Oktober 1833 te Poortje. 
Vorster, Barend Jacobus (I210)
 
4654 Verskyn vir die eerste keer in Graaff Reinet se opgaafrolle in 1814 - besit niks.

Met die doop van Anna Sophia Willemina op 31.8.1817 was SW Vorster(b3c3),ASBurger,
MCVorster(b3c12) en Cecilia Visagie getuies.

JHV en WJV het op 10 Jan. 1817 n testament geskryf. (MOOC 7/1/101) 
Vorster, Johannes Hendrik (I211)
 
4655 Verskyn vir die eerste keer op die Graaff Reinet opgaafrolle in 1788 - en hy besit niks.

In 1798 word berig dat hy 2 seuns en 2 dogters het en dat hy woon op Paul du Plessis se plaas.
In 1800 woon hy nog steeds daar, maar het nou 10 beeste en 220 skape.
In 1801 is hy steeds daar, met 2 seuns , 3 dogters 8 beeste en 222 skape.
In 1805 - weduwee van J S Vorster het 30 skape en sy woon in die Camdebo distrik. 
Vorster, Johannes Stephanus (I123)
 
4656 Verskyn vir die eerste keer op die opgaafrolle in 1768 - Drakenstein. Besit 1 perd en sy wapens.
1771 - 1 perd
1772 - 1 perd, 200 skape.
1773 - 1 slavin plus dogter, 1 perd,10 beeste en 200 skape.
1774 - ditto, met 250 skape.
(J201 tot J207)

Op 15 Augustus 1773 doen Schalk Jac. Burger aansoek vir weidingsregte"op de Langecloof,gelegen op de hoek van de Sneeuwberg aan de kant van Barend Vorster mits daar ..... " . Hy verlaat die plaas op 8 September 1780.

Barend doen aansoek vir weiding op " de Langecloof gelee agter die Sneeuwberge" in 1779 (RLR40/29 , 172)
In die opgaaf gedoen op 1,2 en 3 Mei 1787 word getoon dat hy (oa) 51 Beeste en 700 Skape besit. Die 1788 opgaaf toon 7 Seuns,3 dogters,1 slaaf,70 Beeste en 900 Skape.
Doen aansoek vir Weiding op "de Langekloof geleë agter den Sneeuwberge"op 21 Desember 1789 (RLR36/2)
Die 1789/1790 opgaaf toon dat hy toe getroud was met LC Steenkamp. Hy besit toe 2 slawe, 3 slavinne,72 beeste en 1000 skape. In 1792 was die beeste steeds 72 maar die skape was toe 1100.

B J V vra die huurpag op " de Seven fontein geleë aan Rhenosterfonteinberg" in 1770(RLR40/14 , 80) (Plaas geleë op Kaart 3224 by 32 00 Suid en 24 47 Oos)
In 1794 het hy 3 seuns, 3 dogters,80 beeste en 1200 skape.

Op 10 Mei 1795 word in Graaff Reinet berig aan die Landros en Heemrade dat " Barend Johannes Vorster van de Langkloof geruineert word deur die caffers maar dat hy nog daar is."
In 1796 het hy 3 seuns, 4 dogters 30 beeste en 600 skape.
MOOC8/53.42a & b &c gedateer 7 November 1800, 15 Oktober 1799, en 14 September 1798
In sy Testament , gedateerd 14 Sept. 1798 , bemaak hy "de Langekloof met een bybetrokke vontyn genaamd Spitskop gelege agter Sneeberg met een wage ...."
In 1798 toon die opgaafrolle dat hy 2 seuns, 3 dogters, 412 beeste en 590 skape besit.
In 1800 word berig dat sy weduwee 3 Seuns, 3 dogters,434 beeste en 2666 skape besit en dat sy woon op `n leenplaas.

(Die twee plase is geleë op die 1:250000 kaart No 3124 Middelburg by ongeveer 32grade 00min Suid en 25 grade 06 min Oos.) 
Vorster, Barend Johannes (I115)
 
4657 Verskyn vir die eerste keer op Drakenstein se Opgaafrolle in 1770 - hy besit 1 perd.
1773 - 1 perd.
1774 - 1 perd.
1775 - 1 perd.
1792 - 1 slaaf,1 perd,20 beeste en 100 skape.
1793 - 4 dogters, 4 slawe, 24 beeste en 100 skape.
1794 - 4 dogters,2 slawe, 30 beeste en 200 skape.
1797 - 2 dogters,1 slaaf, 16 beeste.
(J201 tot J222)
Verskyn vir die eerste keer op Graaff Reinet se "opgaafrolle" in 1787
In 1788 toon die opgaafrolle dat hy 60 Beeste en 1000 skape besit.Daarna kon ek hom nie weer op die opgaafrolle kry nie.

" Alewyn Jacobus Vorster van de Groene Vally is tans woonagtig aan het "holifantsbad" op een plaas van Barend Vorster de Oude sy vader wat oorlede is" - genoteer op Vrydag 8 Mei 1795 by vergadering van Heemrade gehou in Graaff Reinet.

A J V vra "de Kleine Vally, over de OlifantsRivier " in 1790 (RLR40/29 ,199)

A J V vra " de Rix Rivier ? op die Sneeuberg - in 1773 . Verlaat die plaas 12 Maart 1789

A J V vra " de Groene Vally agter die Sneeuberg" in 1788

A J V vra " de Camdebos Fonteyn agter groot Visrivier " in 1786

A J V vra " de Paarde Vally aan de Groot Visrivier agter Sneeuberge "in 1777 (RLR40/18, 66)

Woon tydens sy dood op de Kleyne Valley gelegen over de Oliphants Rivier.


Ligging van Plase :

Kleine Vally : Kaart 3218 : 32 40 Suid en 19 03 Oos
Groene Vally : Kaart 3224 : 32 04 Suid en 25 17 Oos 
Vorster, Alwyn Jacobus (I116)
 
4658 Verskyn vir die eerste keer op Graaff Reinet se opgaaf rolle vir 1789/1790, en besit niks.
In 1792 het hy 1 dogter en 1 perd.
In 1794 het hy 1 dogter, 1 seun en 2 perde.
In 1796 het hy 1 seun, 2 dogters, 16 beeste en 200 skape.
In 1798 het hy 2 seuns, 1 dogter, 138 beeste en 1215 skape en hy woon op die plaas van Jan Booysen.
In 1800 het hy 3 seuns, 1 dogter,183 beeste en 1906 skape en hy woon op sy eie leenplaas.
In 1801 - 3 seuns,1 dogter ,133 beeste en1478 skape en hy woon op sy leenplaas.
In 1805 - 92 beeste,2830 skape en 24 bokke. Hy woon op sy leenplaas Elandsfontein.
In 1806 - 80 beeste,2870 skape,24 bokke op sy leenplaas soos bo, voor Sneeuwberg distrik.
In 1810 - 165 beeste,3000 skape en hy boer op Elandsfontein,Opreisfontein en Bronkhorstfontein,voor Sneeuwberg.
In 1814 - 186 beeste en 2325 skape. Woonplek nog dieselfde.
(Plaas Olivenboom is te vinde op Kaart 3124 Middelburg by 31 46 Suid en 24 55 Oos)
Koop die plaas Olivenboom by Johannes Petrus Kruger ongeveer 1839.Die plaas gaan na FJ Vorster? ongeveer Januarie 1873. Verkry(een helfte vir hom) saam met Albert(kwart) en Johannes Jacobus Grobler(kwart) die reg op die plaas Elandsfontein 254, 3487 morg;voor Sneeuwberg geleë langs Bronkhorstfontein 256, Oprysfontein 257 en Camdeboosfontein 255 op 31 Oktober 1836.( QRR 93 bls.208)(Graaff Reinet Quitrents,Vol.6 bls 14 - 20) 
Vorster, Barend Johannes (I135)
 
4659 Verskyn vir die eerste keer op Graaff Reinet se opgaafrolle vir 1805 - hy besit 4 beeste,642 skape en 64 bokke.
In 1810 - 9 beeste,1700 skape en 200 bokke.
In 1812 - 14 beeste en 1700 skape.
In 1813 - 15 beeste en 800 skape.
In 1814 - 17 beeste,1600 skape en 150 bokke.

Op 28 Jun 1822 te Graaff Reinet vra Schalk Willem Vorster, Schalkzoon,vir die plaas "de Knoffelkloof " veldkornetskap van Uitvlucht
Op 13 Julie 1823 herhaal hy die proses vir dieselfde grond.
Verkry op 31 Des 1835 die plaas Bokfontein,1035 morg in Murraysburg distrik. Verdeel die plaas in 1863 tussen Andries Petrus Vorster en Alwyn Petrus Burger. QRR 93 
Vorster, Schalk Willem (I182)
 
4660 Vertrek op 10 Sep 1860 vanaf Aberdeen na Bloemfontein.
Hertrou sertifikaat uitgereik op 5 Julie 1886 
Vorster, Andries Wilhelmus Jacobus (I1109)
 
4661 Viljoen? Steyn, Cecilia Johanna (I20514)
 
4662 Villiers dooprekord vir haar dogter Maria toon haar naam as Barbara Magdalena Koekemoer. Beukes, Barbara Magdalena (I13086)
 
4663 Vol 10 bls 440 Schoeman, Marthinus Johannes (I20704)
 
4664 Vol 10 bls 462 Scheepers, Stephanus Phillipus (I24665)
 
4665 Vol 10 bls462 Scheepers, Maria Elizabeth (I24664)
 
4666 Vol 10 p 505 Schlebusch, Lourens Antonie (I1155)
 
4667 Vol 10 p312 Sander, Lea Magdalena (I17991)
 
4668 Vol 10 p312 Family F6995
 
4669 Vol 10 p458 Scheepers, Lukas Cornelius (I6687)
 
4670 Vol 10 p465 Scheepers, Minnie (I10446)
 
4671 Vol 10 p505 Schlebush, Jan Louis (I2493)
 
4672 Vol 10 p505 Vorster, Anna Christina (I5655)
 
4673 Vol 10 p505 Schlebusch, Alwyn Louis (I5657)
 
4674 Vol5 p5 Labuschagne, Casper (I4451)
 
4675 Vol5 p5 Labuschagne, Geertruyda Gesina (I20206)
 
4676 Volgenns Dr. Heese is hy getroud met Elizabeth Margareha Sophia van den Berg Family F715
 
4677 Volgens die doopregister is hy "onecht",en word sy geboortedatum nie aangegee nie. Hy was die seun van Jacobus Adriaan Vorster * 17 Aart 1872 en Elizabeth Sophia Potgieter. Hy is nie deur sy biologiese ouers gedoop nie. Hy is grootgemaak deur Jacobus Adriaan Vorster en Aletta Frederika Potgieter.
T1048/67 
Vorster, Adriaan Jacobus (I6760)
 
4678 Volgens Carol was haar nooiensvan " van der Merwe". Boshoff, Mathilda Janetta (I13837)
 
4679 Volgens dieTulbagh (Roodezand) doodsregister is "die Huisvrou en drie kinders van Barent Vorster" op dieselfde dag oorlede - 2 September 1789 Ek dink egter die drie kinders ter sprake was kinders van Barend Johannes Vorster - wat wel vier kinders vroeg verloor het. Weet ook nie seker of dit wel sy is wat oorlede is nie.
(Sien ook notas onder Cecilia van Heerden, vrou van BJVorster.)
Sy leef nog op 31 Maart 1806 (MOOC 8/25.10) 
Smit, Dorothea Maria (I5)
 
4680 Volgens Dr. Heese is haar van "van Vreeden".
F104 toon haar naam as "van Vreden". 
Heerden, Maria Elisabeth van (I1128)
 
4681 Volgens Dr. Heese is hulle getroud op 10 Desember 1809! Family F160
 
4682 Volgens F2251 is hulle troudatum 8 Julie 1826 Family F175
 
4683 Volgens GK31-1687035, Inskrywing No 374 was sy `n "jongedogter" van 32 jaar oud toe sy met Roelof Louis Vorster getroud is. Ek weet nie waar die eerste huwelik vandaan kom nie. Plessis, Levina Catharina Magdalena du (I6041)
 
4684 Volgens grafsteen is geboorte op 13 November. Alternatiewe rekords het moontlik 14 November gewys. Middelburg KP. Ger. Kerk Rekords Vorster, Schalk Willem (I2643)
 
4685 Volgens haar grafsteen is sy op 8 Februarie 1851 gebore. Plessis, Cecilia Margaretha Maria du (I4957)
 
4686 Volgens haar sterfkennis is sy op 30 November 1852 oorlede op die ouderdom van 39 jaar en 2dae. Dan is sy op 28 November 1813 gebore. Vorster, Maartje Elisabeth Jacoba (I302)
 
4687 Volgens Heese & Lombard was sy gedoop as "Sophia". Beukes, Sophia Catharina Aletta (I11794)
 
4688 Volgens Johann van Tonder is haar tegte naam Hester Estelle Vorster.
Haar Pa se SK T9387/00 toon ook haar naam as Estelle.
Besig om te "check". 
Vorster, Hester Magdalena (I20925)
 
4689 Volgens Johanna het haar Pa haar verkeerdelik gaan registreer as gebore op 31 Mei. Klerk, Johanna Maria de (I16117)
 
4690 Volgens KH 226;Inskr. 41 was haar naam Magdalena Elizabeth de Klerk. Klerk, Aletta Catharina de (I21762)
 
4691 Volgens Kh,D,L 219 Ins. No 96 was sy 33 jaar oud op 5 desember 1911 maw gebore in 1878 Liebenberg, Margaretha Elisabeth (I5897)
 
4692 Volgens MOOC 6/9/325 bls 293 het hulle geen kinders gehad nie. Vorster, Willem Andries (I12162)
 
4693 Volgens MOOC 8/41.36 is hy gebore op 4 Maart 1824. Vorster, Barend Johannes Christoffel (I913)
 
4694 Volgens MOOC 8/41.36 is hy gebore op 5 Desember 1820 Vorster, Willem Andries (Sterrenberg) (I912)
 
4695 Volgens NHK 49 Trichardtsfontein is hy gedoop Wilhelmus en is hy gebore in Standerton Distrik. Vorster, Andries Wilhelmus Jacobus (I3735)
 
4696 Volgens NHK 51; Inskr No 10/48 is hulle in Witbank getroud.  Family F5339
 
4697 Volgens SA Geslagsregisters is sy gebore op 3 Julie 1845 gedoop op Colesberg op 13 Julie 1845 Venter, Anna Maria (I4994)
 
4698 Volgens SK T4261/72 was haar naam Johannes! Boshoff, Johannes (I20557)
 
4699 Volgens SK T7800/75 geteken deur haar man was haar naam Germaine Odile Patrovski
SK T2961/98 van Desirè Vorster ook geteken deur haar man was haar van Mariette 
Patrovski, Germaine Odile Mariette (I15159)
 
4700 Volgens sy grafsteen is hy gebore op 24 Maart 1870. Vorster, Willem Adriaan Jacobus (I2886)
 

      «Prev «1 ... 90 91 92 93 94 95 96 97 98 ... 99» Next»


Contact Us

  • Contact Us
  • vorster.net@gmail.com
  • vorster.net/genealogie

Webmaster Message

For updates use the 'Suggest' or 'Submit Photo/Doc' link on the relevant page of the person.