Notes |
- In die trouregister van Tulbagh staan: " 3 April 1746 trou Barend Vorster van Cabo de Goede Hoop, burger van een afgelegene Buite Distrik ,met Dorothea Maria Smit, Jongedogter van Cabo de Goede Hoop "
Die volgende inligting rakende Barend en van sy familie se besittings kom uit die "opneemrolle" vir die Drakenstein gebied: (Opgaafrolle J196 & J200,J201,J204,J205,J206,J216,J219,J220,J221,J222,in die Kaapse Argief.)
1April - 2 Mei 1749 :
Barent Voster & Dorothea Smidt : 1 Seun , 1 Perd ,1 Snaphaan 1 Pistool 1 Degen
Alewyn Smit & Hester Bekker : 9 Seuns, 1 Dogter, 3 slawe,1 slavin,5perde,130 beeste , 150 skape,8 mud gesaai en 20 gewonne, 1 snaphaan,1 pistool, 1 degen.
1 April - 2 Mei 1750 :
Barend se posisie is onveranderd.
1 April - 2 Mei 1751 :
Barent & Dorothea - 2 Seuns , verder dieselfde
Barend Lubbe (b12) & Martha Burger: 4 seuns, 3 dogters,2 slawe,1 perd,50 beeste, 250 skaap,2 mud gesaai en 10 gewonne. 1 snaphaan,1 pistool,1 degen.
Pieter Gous & Aletta Vorster: 1 dogter, 30 beeste,100 skape 1snaphaan,1pistool, 1 degen.
1 April - 2 Mei 1759:
Barend & Dorothea: 4 seuns, 2 dogters,1 slaaf,1 perd, 15 beeste.
Barend Lubbe & Martha Burger: 5 seuns, 5 dogters, 2 slawe,11 perde,225 beeste, 310 skape 3 mud koring gesaai en 15 geoes, wapens dieselfde.
Pieter Gous & Aletta: 2 seuns, 2 dogters,1 perd,7 beeste, 200 skaap,wapens dieselfde.
1 April - 2 Mei 1760:
Barend & Dorothea: 4 seuns, 2 dogters,1 slaaf,1 perd, 40 beeste, wapens dieselfde.
Barend Lubbe & Martha: 5 seuns, 5 dogters, 2 slawe, 12 perde, 150beeste, 400 skaap , wapens dieselfde.
Barend Frederik Lubbe (b12c2) & Maria Keyser: 5 perde, 30 beeste,100 skape, 1 snaphaan, 1 pistool, 1 degen.
Pieter Gous & Aletta: 2 seuns, 2 dogters,1 perd, 50 beeste, 100 skaap,wapens dieselfde.
1768 - 6 seuns,2 dogters,2 slawe, 40 beeste en 350 skape.
1772 - 6 seuns, 3 dogters,1 perd, 36 beeste, 400 skape.
1773 - 6 seuns, 2 dogters,1 perd, 10 beeste en 600 skape.
1774 - 4 seuns,2 dogters,1 slaaf, 1 perd,, 50 beeste en 600 skape.
1776 - 4 seuns, 2 dogters, 1 slaaf, 1 perd, 60 beeste en 700 skape.
1788 - 4 seuns, 2 slawe, 6 perde.
1792 - 1 vrou,1 perd en sy wapens.
1793 - 1 vrou, 1 perd en sy wapens.
Barend Vorster is oorlede tussen Mei 1793 en 29 Mei 1794.
Sy vrou Dorothea leef nog in Mei 1797.
Dit wil voorkom of Barend vir `n geruime tyd in diens van Alewyn Smit was.
1750 - Barend vra op 3 April 1750 vir die huurpag op "de Plaats Tygercloof , over de Vier en Twintig riviere". Hernu die Huurpag op 28 Maart 1752, op 17 April 1753 ,op 23 April 1755 en op 3 April 1756 weer. Op 28 Feb. 1756 betaal hy vir 3 jaar se besetting Rks.72. (RLR12/2No317
1761 - Barend vra die huurpag op " de plaats Pietersklip over de Vier en Twintigriviere op 2 Maart 1761 synde de verlate plaats van Erasmus Smit." Hernu op 29 April 1762 tot 2 Maart 1763 .
Op 23 Feb.1763 gee Mathys Taute , as lashebbende van Barend Vorster kennis dat hy die plaas verlaat. (RLR 16/2 No 271) Matthias Taute was getroud (20.3.1748) met Elisabeth Bruins Lubbe , onegte dogter van Elisabeth Lubbe (Wed. Vorster) en halfsuster van Barend.
1762 - Barend vra die huurpag op "de plaats Cardouw, over de Vier en Twintig riviere,de verlate plaats van Jacobus Gildenhuys " op 23 Aug. 1762 (RLR 17/2No197)
1763 - Matthias Taute verlaat Pietersklip.
1763 - "Barend Vorster asks for the Freehold of the cattle farm Tygercloof situated at the 24 rivers occupied by him on loan for several years.Offers to pay the annual recognition of Rds. 24 , and a purchase amount of Rds. 60 (Diagram attached) (LeibrandtLM 17 bls. 1136A)
"Den 13 Oct. 1763 is bostaande plaats in eigendom geneem(Met Diagram) ( RLR12/2 Stellenbosch No 317) Op die Diagram word die ligging van die plaas gegee as "Zuid na die plaats van Daniel Keyser, Wes na de Heunige Berg, Noord na de Coopmans Craal, Oost na het hoge gebergte". Die akteskantoor sê egter Zuid na Paul Keyser.Paul Keyser was getroud met Aletta Lubbe, ouer suster van Elisabeth Lubbe. Barend kry sy kaart en transport op 15 Des. 1763. Kopie van Akteskantoor aangeheg.
Die plaas is tans bekend as Tigerkloof 164, Piketberg en behoort aan Willem van der Merwe. Die oorspronklike huis word nog bewoon deur Willem maar is natuurlik heelwat verander.
1769 - Matthias Taute gee kennis namens Barend Vorster dat hy die plaas Cardouw verlaat op 9 Sept. 1769.
1773 - Matthias Taute oorlede op 23 Nov. 1773.
1779 - Barend verkoop Tigercloof op 17 Maart 1779 aan Frederik Liebenberg (T5159)
1779 - Barend vra die huurpag op "de Wagenboomrivier gelee int bockeveld, synde de verlate plaats van Jacoba Elisabeth Lubbe" op 17 Maart 1779.(RLR 40)
1780 - Barend vra op 4 Maart 1780 vir die huurpag op "Coornlands Cloof gelegen aande zyde van de Olifants Rivier" en kry dit op 17 Aug. 1780 (RLR 26,No 101)
1786 - Barend vra die huurpag op "de Kleyne Vally over de Olifantsrivier" op 3 Feb1786 (RLR34/2 No 283)
1786 - Barend vra die huurpag op "de Kruintje (Ruintje?) gelee int koude Bokkeveld"in 1786 (RLR40) Die plaas is tans bekend as Keunje 56
1790 - Barend verlaat Kleyne Vally op 23 Maart 1790.
1790 - Alwyn Jacobus Vorster (b3c2) vra die huurpag op die plaas Kleyne Vally in 1790 (RLR 40)
1795 - By`n Heemrade vergadering gehou vanaf 8 Mei 1795 tot Saterdag 9 Mei 1795 te Graaff Reinet word rapporteer dat" Alewyn Jacobus Vorster van de Groene Vally is tans woonagtig aan het Holifantsbad op een plaas van Barend Vorster de Oude, sy vader wat oorlede is" ( Is dit die buitepos "`t Warme Bad" by die Olifantsrivier geleë op die plaas The Baths sowat 5km Suid van Kleinvalley? )
Pieter Gous wat getroud was met Barend se suster Aletta, het reeds in 1743 aansoek gedoen vir weidings regte op die plaas "de Kleine Valley,gelee over de Olifantsrivier" (RLR43/2 bls214) In 1755 doen hy aansoek vir die plaas Brackefontein wat hy in 1784 (of 1786) verlaat.
Hierdie plase lê almal op `n kol wat te sien is op die 1:250 000 Kaart 3218 Clanwilliam
by 33 grade 50 min Suid en 19 grade 03 min Oos.
Barend se doodsdatum is nie bekend nie - die doodsregister van Tulbagh vir die periode 1793 tot 1816 is skynbaar weg of verlore. Die begraafplaas op Kleine Valley is vol gras en verwaarloos. Daar is baie ou grafte,maar geen name is te lese op die ou grafte nie. Daar is baie Burgers begrawe.
|